Polisie skiet verdagte tydens jaagtog dood

(Argieffoto: Kent Williamson)

ʼn Ondersoek is van stapel gestuur nadat ʼn polisiebeampte Saterdag ʼn verdagte tydens ʼn jaagtog in Strand in die Wes-Kaap doodgeskiet het.

Ndileka Cola, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), het gesê die ondersoek volg nadat ses gewapende mans na bewering ʼn slaghuis in die omgewing van dié dorp beroof het. Die polisie het die verdagtes agternagesit en dit het in ʼn jaagtog ontaard.

“Die mans het glo op die vlug geslaan met ʼn onbekende hoeveelheid kontant, ʼn skootrekenaar en ʼn selfoon.”

Die verdagtes is egter kort daarna deur die polisie se honde-eenheid vasgekeer, maar het daarin geslaag om beamptes te ontduik.

“Die mans het skote in die rigting van die polisie afgevuur en beamptes het teruggeskiet. Die verdagtes het toe uit hul motor gespring en in verskillende rigtings begin hardloop, terwyl hulle steeds op die beamptes geskiet het,” het Cola gesê.

Een van die verdagtes is doodgeskiet, terwyl ʼn ander een ernstige skietwonde opgedoen het. Hy is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Polisie het die ander vier verdagtes in hegtenis geneem en hulle het Maandag in die Grabouw-landdroshof verskyn.

“Al die gesteelde goedere is teruggevind, asook drie vuurwapens en ʼn speelgoedgeweer.”

Die motor waarmee die verdagtes gery het, is glo in Gugulethu gekaap.

Volgens Cola is Opod steeds besig om die saak te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Aai ·

Mooi.Genoeg is genoeg hulle het geweet wat is die gevolge toe hulle die misdaad gaan pleeg het.

Persheks Adri ·

Weereens ‘n bewys dat ons nie ontwapen word nie ne hoedeman

Hendrik Marthinus ·

Well Done Cele se manne
Nou sien men’s geen Pfft en tjek nie ne.
O ja en nou is Hulle nie useless manne wat jy nie kan trust nie.

Gert ·

Well done een hofsaak minder en geen las op die belastingbetalers om die krimineel in die tronk te onderhou nie

Nico ·

Hoekom moet die verdagte gratis mediese behandeling kry, laat die verdagte daarvoor betaal, inteendeel is hyself verantwoordelikheid dat hy geskiet is.

isabelle ·

hoop die ander skurke sien hoe het dinge vir die mense uitgedraai….en hul afskrik van nonsens aanjaag

Blikkies ·

Ek is bewus daar moet ‘n ondersoek volg na die gebeure as ook ‘n geregtlike doods ondersoek. Maar die berig klink so half of hulle die Polisie se aksie wil ondersoek?

Prikkie ·

Waarom word die saak ondersoek wanneer boewe op die polisie skiet en wanneer die polisie dan terugskiet en die boewe dan gedood of raakgeskiet word, moet die saak deur OPOD ondersoek word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.