Polisie skiet vermeende rowers dood

Argieffoto: SAPD / Facebook

Argieffoto: SAPD / Facebook

Twee vermeende rowers is Woensdagaand tydens ʼn skietery met die polisie in die Oos-Rand dood.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die polisie het op ʼn wenk reageer nadat hulle in kennis gestel is dat ʼn rooftog by ʼn winkel en ʼn slaghuis in Thokoza beplan word.

“Die polisie het die verdagtes opgemerk en agtervolg,” het Dlamini gesê. “Die verdagtes het in Khumaloweg op die polisie losgebrand toe hulle ontdek hulle word agtervolg. Die polisie het teruggeskiet.”

Die twee verdagtes is op die toneel dood. Ses ander verdagtes is in hegtenis geneem.

Die polisie het beslag gelê op drie pistole en ʼn Ford Fiesta wat glo vroeër in Jeppe gekaap is.

Die verdagtes moet binnekort in die Palm Ridge-landdroshof verskyn op aanklagte van sameswering om ʼn rooftog te pleeg, die besit van ʼn gesteelde voertuig en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

zahn ·

Nou kyk, dis nou die tipe storie at my hart blymaak! Ek lees nêrens dat een weggekom het nie? Sjoe, dit is amper te goed om waar te wees! Joh! Twee dood, ses aangekeer, dws 8 van hulle in ‘n Fiesta? Geen wonder hulle kon nie wegkom nie! Mystery solved.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.