Vyf mans is Sondag deur die polisie doodgeskiet kort ná ʼn rooftog by ʼn supermark in Estcourt in KwaZulu-Natal.
Maj. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het Maandag gesê lede van die Valke, misdaadintelligensie-eenheid en die Durbanse honde-eenheid het hulle na die rooftoneel gehaas, toe hulle op een van die verdagtes se wegkommotors op die R103 naby Mooirivier afgekom het.
“Die beamptes het vir die bestuurder van ʼn Toyota Quantum met vier passasiers aangedui om stil te hou, maar hy het hom verset. Die swaargewapende insittendes het op die polisie losgebrand. Die motor het stilgehou, waarna die verdagtes te voet probeer vlug het, terwyl hulle steeds op die polisie geskiet en een beampte gewond het,” het Netshiunda gesê.
Die polisie het teruggeskiet en al vyf noodlottig gewond. Die verdagtes was tussen 28 en 55 jaar oud. Die beseerde beampte is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.
Die polisie het beslag gelê op vyf vuurwapens, waaronder ʼn AK47-aanvalsgeweer, ʼn R5-geweer en drie 9 mm-pistole, sowel as ammunisie. Die polisie het ook beslag gelê op verskeie bokse sigarette en lugtydkoepons wat vermoedelik by die supermark geroof is.
“Nóg ʼn voertuig wat by die rooftog betrokke was, en waarin twee verdagtes gery het, is later verlate naby Estcourt opgespoor. Daar word vermoed dat dié twee met ʼn onbekende bedrag kontant weggekom het. Die soektog na hulle duur voort,” het hy gesê.
Pragtige werk. Dit is hoe dit gedoen moet word. Hoekom moet die polisie afgemaai word.
Thank you for your bravery and fast response. This way we will start to trust our police force again.
️dit is goed opgeleide polisie en ️hul ️️moet vereer word ️Vir SULKE Goeie ️werk! ️BAKGAT kolskoot!
Lekker man lekker!!
Lekker man lekker!!!
Wel gedaan, hou so vol. 10 uit 10
…8 uit 10! 2 ontsnaptes se toestand ongelukkig nie ook ‘noodlottig’ nie …dit sou ‘n 10 uit 10 wees! Kom ons hoop dit realiseer wel gou …begin ondersoeksoek by die bunker op Nkandla waar baie R miljoene dringend benodig word…
R5 Gewere = SAPD
Lekker man lekker. Hou so aan….
Mooi so! Daar is nog geregtigheid.
Sal die mense wat altyd so vinnig is om die Polisie te oordeel nou ook kom dankie sê? Ons wag…
Just like 2 wrongs don’t make a right, one right does not fix many wrongs.
Wonder hoe het die SAPD wapens en amunisie in die eerste plek op straat beland?? Dit gese, dankie, daar is nog ‘n paar goeies in die diens maar hulle maar dun en min gesaai.
Hei, Pendoring …ek hoor jou, maar professionele polisie-personeel, in die ware sin van die woord, is nie beinvloedbaar deur- of afhanklik van Jan Publiek se kommentaar, komplimente of bleike van waardering vir die suksevolle uitvoering van hul take nie …dit teen die agtergrond van ‘n SAPD met ‘n uiterse swak en besmette beeld wat hulle self geskep het deur aktiewe en kriminele interne elemente binne hul kringe toe te laat…
En gewoonlik is die enkeles wat wegkom, die wat die gesteelde geld by hulle gehad het.
Vyf kolskote! Mooi, manne!
Goed gedoen SAPD. Dis al hoe ons misdaad gaan bekamp. sad but true. Oog vir ñ oog
Uitstekend . Ons kan sien goeie goed gebeur nog in SAPD. Die lede het mooi geskiet.
Die wereld n ietwat beter oplek.
Wow, dis wonderlik om sulke goeie nuus te lees!! Dit gee my tog ‘n bietjie hoop…
Gee die manne n Bells. Puik. Doen so voort. Betogers moet ok slag deurloop dan sal die bollie stop
Pragtige werk deur wetstoepassers. Al wat gaan werk om misdaad vas te vat.
Valke,mooi man goeie werk
Hierdie manne moet met die hoogste orde vereer word vir hul dapperheid.
Mooi so.Roei die moordenaars,rowers en verkragters uit.