Polisie skiet vyf rowers dood

Argieffoto: SAPD / Facebook

Argieffoto: SAPD / Facebook

Die polisie het Vrydag vyf transitorowers in Bloemfontein in die Vrystaat doodgeskiet.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, het aan SAfm gesê die polisie het inligting ontvang dat ʼn transitovoertuig van Protea Coin in Hennenmanweg deur ʼn groep swaar gewapende mans beroof is.

“Vyf persone is tydens ʼn skietgeveg doodgeskiet en agt is in hegtenis geneem,” het Ramaloko gesê.

Die agt verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Ramaloko sê die polisie het ook beslag gelê op voertuie wat vermoedelik tydens die transitorooftog gebruik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

ekke ·

Weeet nou maar nou gaan die polisie ondersoek word!! Ek verwys na MARIKANA!!

HEVW ·

Ag, hoe wonderlik is dit tog net nie. Misdaad is by die geleentheid vasgevat. Goeie nuus. Polisie vat 5. Julle was dapper manne. Jul eie lewe was op die spel. Nog die motors ook op beslag gele. Gelukkig was daar nie bestuurders oor om daarmee te vlug nie.

johan ·

Goeie Werk SAPD. Mag jul meer sulke goeie sukses he in die toekoms. Tyd vir speel in SA is daar nie meer nie.

Alta ·

Ag hul sit die pot mis dit was op die R73 op die Hennenman Virginia kruising gewees

Gideon Erasmus ·

Dit is so goed om soms nog goeie nuus te lees- maak my naweek sommer beter.

Marius venter ·

Dis darem lekker om dit te sien hoe manne van alle nasies en kleure so saam staan en die k#@ uit hulle skiet. Dis die suid afrika wat ek sal support.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.