Polisie slaan toe op bakkie met R400 000 se koperkabels

Van links konst. Samuel Modise, sers. Puncho Lesolle, raadslid Paul Kok en sers. Calvin Koop by die bakkie met gesteelde koperkabels. (Foto: ANA)

’n Vermeende koperkabeldief is in hegtenis geneem en drie van sy makkers soek nadat die polisie Donderdag op ’n bakkie met ’n vrag gesteelde koperkabels ter waarde van sowat R400 000 in Kimberley in die Noord-Kaap toegeslaan het.

Luidens ’n verklaring deur die polisie het die Roodepan-polisie inligting vanaf gemeenskapslede ontvang oor vermeende koperkabeldiewe in ’n verdagte bakkie naby Lerato Park.

Die polisie het omstreeks 07:00 op dié inligting reageer en die verdagtes agternagesit. Polisielede kon daarin slaag om een van die verdagtes (’n 29-jarige man) vas te trek. Drie ander verdagtes kon egter daarin slaag om op die vlug te slaan en is steeds soek.

Die aangekeerde verdagte sal na verwagting binnekort in ’n hof verskyn. ’n Aanklag van die besit van gesteelde goedere asook die peuter, beskadiging of vernietiging van noodsaaklike infrastruktuur word ondersoek.

Kol. Regina Mienies, stasiebevelvoerder van die Roodepan-polisie, het sy speurders geloof vir hul vinnige reaksie op die inligting wat ontvang is. Sy het ook die gemeenskapslede bedank vir die aanmeld daarvan.

“Dit beeld waarlik die beste van vennootskapspolisiëring uit,” het Mienies gesê.

Die polisie doen ’n beroep op die publiek om inligting rakende die voorval by konst. Samuel Modise by 053 807 5500 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

HVR ·

Koper is R13-90 +- per kilo… 28 000 kg (28 Ton) se koper, ek dink nie 28 ton gaan op daai bakkie pas nie. Is seker maar wat vervangingswaarde is vir daai kabels.

Regs! ·

Daai is verseker nie R400 000 se kabels nie. Van daai beamptes het seker hulle polisie pensioen so bietjie aangevul!

sweis ·

Ek kan nie glo dit is R 400,000.00 se koper nie die bakkie is seker 30 000 werd en as koper so waardevol is sal nie polisie meer konsentreer op winkeldiefstal waar hulle nr 1 prioriteit nou perlemoen is.

Niel ·

die kopers se waarde is sekerlik min, maar die impak en die kostes om alles te vervang mag baie meer wees… met agneming van die verlies wat mense ervaar agv kragonderbrekings

Michael P ·

Ja mense Koper handel nou vir so tussen R55 tot R65 per kilo Met anderwoorde R400000 se koper sal so plus minus 7.5 ton weeg dan het jy minstens. n 8 ton trok nodig. Regs en s
Sweis julle is seker reg dat die ander 7ton seker ander plek afgelaai is en toe die foto geneem is 7 ton sal nooit op daai bakkie pas nie iets is al weer duister hier.

Scalla ·

Stel vas wie is die koper, solank daar n afset is sal hul nie stop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.