Polisie slaan toe op betogers in Musina

Die betogings in Musina. (Foto: Verskaf)

Die polisie het sedert Donderdagaand op ʼn aantal betogers in Musina toegeslaan wat daarvan beskuldig word dat hulle onder meer eiendom beskadig en brande gestig het gedurende gewelddadige onluste wat vandeesweek in die gebied woed.

Betogers is glo ontevrede omdat daar sedert die begin van die week ʼn tekort aan water in die dorp is.

Lt.kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder van Limpopo, sê altesame vier verdagtes is deur die loop van die aand in hegtenis geneem en staan nou tereg op aanklagte van brandstigting, opsetlike beskadiging van eiendom en openbare geweld.

Die verdagtes, almal tussen die ouderdomme van 20 en 36 jaar, sal eersdaags in die Musina-landdroshof verskyn.

Dié inhegtenisnemings volg nadat lede van die gemeenskap besluit het om hul besware oor die waterprobleme strate toe te neem. Motorbande is die afgelope paar dae in die strate aan die brand gesteek, voertuie is op plekke met klippe bestook en talle paaie is weens die betogings gesluit. Verskeie ondernemings is glo in die proses besteel en ʼn polisievoertuig is ook beskadig. Die betogers het ook ʼn munisipale trekker en ʼn paar munisipale geboue aan die brand gesteek.

“Polisielede het sedertdien die situasie gestabiliseer, maar lede sal in die gebied bly om die situasie te monitor,” sê Ledwaba.

Matodzi Ralushai, woordvoerder van die Vhembe-distriksmunisipaliteit, het vroeër aan Maroela Media bevestig dat die dorp ʼn watertekort ervaar weens drie lekkasies aan die dorp se hoofpypleiding, maar dat dit eersdaags herstel sal word.

Die provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, lt.genl. Thembi Hadebe, het ʼn beroep op die publiek gedoen om hul bekommernisse vreedsaam te opper, eerder as om tot geweld oor te gaan.

“Om paaie te versper, besighede te plunder en eiendom te beskadig is ʼn ernstige oortreding en die polisie sal nie huiwer om teen die oortreders op te tree nie.”

Meer inhegtenisnemings is glo op hande.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Misky ·

Probleem is juis omdat die polisie net altyd staan en “monitor” en nie optree nie. Hierdie skurke lag julle uit, want hulle het meer regte as die wetsgehoorsame man op straat.

Jr ·

Gooi die motoriste se karre met klippe. Verontrief die wettige burger. Verniel sy property want dis sy skuld die cANCer pandemie kan nie vir jou water gee. Africanasity at its best. Ooh en moenie Jan vR vergeet nie.

Marius ·

Het ook maar lank gevat om in te spring. Daar is al klaar te veel skade aangerig onder toesig van die polisie.

Andries ·

Vreemd dat hulle alles so plunder en afbreek.. Soortgelyk aan die vier voetige aap, hulle breek ook mos alles en gooi dromme om ens. Dink as hulle geweet het hoe om iets aan die brand te steek sou hulle dit ook doen. Dan was daar geen verskil

Kokerboom ·

Wanneer gaan SAP begin pro-aktief optree? Hoe werk hul koppe?

Gerd Lourens ·

Wat ‘n deurbraak!!!???
Honderde vernietig die plek en ‘n viertal word gearresteer….
Briljante polisie.

AW ·

Sterkte, tyd sal leer of daar enige skuldig bevindings sal wees , OF Siviele eise vir Onregmatige Arrestasie en Aanhouding !!

Renier johannes ·

Weet nie hoekom hulle kla nie hulle is gewoond aan niks nou kry hulle dit nog verniet ook en dan brand hulle pateties stem nog vir die cancer

Mariana ·

Dit is al wat die mense ken, geweld. Grootskaalse geweld, geplunder en afbreek van als Menselewens beteken absoluut niks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.