Polisie slaan toe op Bfn-dwelmlaboratorium

polisie-sapd

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 28-jarige buitelander is in hegtenis geneem nadat die polisie op ʼn dwelmlaboratorium in Bloemfontein in die Vrystaat toegeslaan het.

Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte sal aangekla word van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en die vervaardiging van dwelms. Volgens Kareli is die verdagte Sondag in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes patrollie gedoen het in Bayswater.

Kareli het gesê polisiebeamptes het die verdagte in die straat voorgekeer en hom ondervra. Daar is vasgestel die verdagte is ʼn buitelander en dat hy geen papierwerk by hom gehad het nie. “Die polisie het hom deursoek en op ʼn selfoon beslag gelê wat hulle ná verdere ondersoek na ‘n huis in Heliconhoogte gelei het.”

Volgens Kareli het die polisie by dié huis op die dwelmlaboratorium afgekom en is daar op dromme, twee sakke met ʼn wit-en-bruin poeier, drie televisies en ses selfone beslag gelê. Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.