Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte sal aangekla word van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en die vervaardiging van dwelms. Volgens Kareli is die verdagte Sondag in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes patrollie gedoen het in Bayswater.
Kareli het gesê polisiebeamptes het die verdagte in die straat voorgekeer en hom ondervra. Daar is vasgestel die verdagte is ʼn buitelander en dat hy geen papierwerk by hom gehad het nie. “Die polisie het hom deursoek en op ʼn selfoon beslag gelê wat hulle ná verdere ondersoek na ‘n huis in Heliconhoogte gelei het.”
Volgens Kareli het die polisie by dié huis op die dwelmlaboratorium afgekom en is daar op dromme, twee sakke met ʼn wit-en-bruin poeier, drie televisies en ses selfone beslag gelê. Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.