Polisie slaan toe op daggalab in Randfontein

Die daggalaboratorium in ‘n huis in Randfontein. (Foto: SAPD)

’n 33-jarige man is Saterdag in hegtenis geneem nadat die plaaslike polisie op ’n daggalaboratorium in Randfontein aan die Wes-Rand afgekom het.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes het die area gepatrolleer om seker te maak dat inwoners aan die regulasies van die algehele landwye afsondering voldoen toe hulle inligting van die plaaslike misdaadintelligensie-eenheid ontvang het.

Dié inligting het die polisiebeamptes na ’n huis in Aureus gelei waar ’n daggalaboratorium in die huis bedryf word. Verskeie daggaplante is op die perseel gevind.

Volgens Makhubele is ’n verdagte by die huis in hegtenis geneem. Die man sal na verwagting binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van die vervaardiging, handel en verbouing van dagga in stryd met die Wet op Dwelms en Dwelmhandel.

Makhubele het gesê die polisie aan die Wes-Rrand waarsku die publiek opnuut dat die handel in dagga onwettig is. Die polisie onderneem om op te tree teenoor enigeen wat dagga verkoop, verbou of daarmee handel dryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Brakenjan ·

Is dagga nie nou ‘wettig’ gemaak deur die ANC nie, om ons meer van hulle te laat hou nie?

AndrewL ·

Dagga vir persoonlike gebruik op jou privaat eiendon is wettig. Hierdie is beslis nie net vir persoonlike gebruik nie!!

venessa ·

was daar nie sprake dat jy vir jouself mag dagga groei nie. maar net nie mag verkoop nie ? en slegs by jou huis mag rook nie

Stof ·

Kweek vir eie gebruik ( en weggee, nie verkoop nie), is wettig. In die medinale bedryf mag Canabis produkte verkoop word, want produksie is baie duur.
Al verwys die twee name, naamlik dagga en canabis, taalkundig en botanies na dieselfde plant, is daar tog ‘n informele onderskeid. Gewoonlik verwys die term dagga, na die rook van die rou produk, en canabis, na die proffesioneel verwerke medisinale produkte.
Ek vermoed dus, dat Abel Konstabel in hierdie geval, uit blote onkunde gehandel het. Ek vertrou dus dat Lourens Landdros hom hom mooi sal onderrig tydens die hofverskyning.

Fedup ·

And there goes that poor mans grocery money. Cannot even earn a dime from home. Anyhoo, they must have been busy and in full production to actually have the lab. Or that police man will have some explaining to do. Some actually have labs to retrieve cannibas oil that is medicinal. And yes, that is legal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.