Polisie slaan toe op fabriek wat namaaksels vervaardig

Lede van Hartswater-polisie met van die vermeende nagemaakte produkte (Foto verskaf deur die SAPD)

Die polisie in Hartswater in die Noord-Kaap het toegeslaan op ʼn fabriek, ter waarde van R77 miljoen, waar nagemaakte produkte vervaardig is.

Aldus ʼn verklaring het die honde-eenheid wenke opgevolg oor kos en huishoudelike goedere wat vervaardig, verpak en versprei word. “Die polisie het beslag gelê op produkte met bekende handelsmerke soos speserye, bakpoeier en skoenpolitoer. Die polisie het ook beslag gelê op die masjinerie wat tydens die vervaardiging- en verpakkingsproses gebruik is.”

Handelsmerkbeskermers en ander kenners het van die voorraad versamel om toetse daarop te doen. Die voorraad word tans by die staatspakkamer in Pretoria gehou.

“Vyf mans en ʼn vrou is by verskeie huise in die gebied in hegtenis geneem in verband met die onwettige bedrywighede,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

IK ·

Die honde-eenheid van die polisie? Sekerlik was die hondekos se namaaksel nie na wense en is hulle so uitgevang, wys mens net want kan gebeur. Ag, ek bedoel ‘wys hond net wat kan gebeur’.

Johan H. ·

Sluit dit asb. nou baie mooie toe sodt dit nie voette kry nie ,julle weet wat ek bedoel,,

Ellisras ·

Presies waar is Hartswater. Jy kan niks op ‘n klein plekkie stil hou nie. Almal praat uit.

Lollas ·

Dis in die Noord-Kaap. Baie klein dorpie… Dis basies in die middel van Vryburg en Kimberley.

Dereck Le Roux. ·

Geluk SAPD as julle julself net so puik kan toespits op die meer “gewone misdade” en die sogenaamde “normale misdade” onder andere soos byvoorbeeld plaasmoorde en haatmisdade en suksesvolle arrestasies kan uitvoer dan gaan ons dalk eendag misdaad sien daal maar nou ja die hondekos arrestasies sal maar seker vir eers moet doen.

Willie ·

Puik dienslewering, julle is Hartswater se trots. Ons ken julle vir julle trots in julle werk.

Koos ·

Die handelsmerkbeskermers wil seker uitvind hoe hulle dit ook so goedkoop kan vervaardig!

Theresa B ·

Daar is sekere info wat jy nie “uitgee” nie – veral nie waar sekere goed gestoor word nie. Hallo………….!!! As dit voete kry – dan hang almal se monde weer oop van verbasing.

Ekke ·

Korrupsie, bedrog, noem maar op, het die nuwe “normaal” in Suid-Afrika geword. Daar word byna nie meer ‘n wenkbrou gelig nie. ‘Doe zo’ voort, want die land en etiese beginsels is in elk geval in sy maai in!

Lou ·

@Ellisras: Hartswater is gelee in die noord-oostelike hoekie van die noordkaap provinsie…….

Blommie ·

Ek wonder net of daar n moontlikheid sal wees om hierde produkte te skenk aan behoeftiges of dalk nou maar die laaste wat oor is verkoop en die winste skenk voordat dit vernietig word. Want hierdie is n groot bedrag waarby iemand kan baat uit die gemors.

christa ·

Blommie jy is mos nou baie lelik, hoe kan die goed aan die behoeftiges geskenk word. Dit word “gestoor’ en dan verdwyn dit net. As dit uit gedeel word kan dit nie verdwyn nie.

Oujongvrou ·

Ek verstaan nou nie hoekom almal so sarkasties is nie. Die polisie doen hulle werk en julle maak n grap daarvan of beskuldig hulle van diefstal. En nerens sien ek dis hondekos nie. Dis goed wat ons dalk al gekoop het. Baie mooi Christene , julle klomp. Aan die polisie, mooi so manne.

Johan Barnard ·

Oujongvrou, ek dink die rede vir die sarkasme is omdat ons so gewoond is daaraan dat die SAPD (soek Ander plek diewe) ons teleurstel en in baie gevalle self die kriminele is.

Lientjie ·

Is die fabriek 77 miljoen of die goedere waarop hulle beslag gele het?

JH ·

Daar word soveel namaaksels ingevoer van buiteland af en niemand sê niks. Want die ondertafel onderhandelinge verloop mos reg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.