Polisie slaan toe op Kaapse daggalab

Die daggalaboratorium waarop daar beslag gelê is. (Foto: SAPD/ANA)

Twee mense is in hegtenis geneem nadat die polisie Dinsdag op ʼn daggalaboratorium in Kaapstad toegeslaan en op plante ter waarde van meer as R80 000 beslag gelê het.

Lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê ʼn intelligensiegedrewe operasie onder leiding van die polisie se dwelmeenheid het beamptes na ʼn sakeperseel in Ferndale-rylaan in Ottery gelei.

Hiér is die daggalaboratorium omstreeks 10:45 met die hulp van die blitspatrollie ontdek.

“ʼn Hidroponiese daggalaboratorium met toerusting vir die uitdroog van dagga asook verskillende daggaplante ter waarde van ongeveer R82 200 is gevind.”

Volgens Traut het beamptes gedurende die klopjag op vier verkoelingseenhede wat in kweekhuise vir dagga omskep is, asook plante in verskillende stadiums van verbouing afgekom.

Die beamptes het gevolglik op al die toerusting, plante en ʼn aansienlike hoeveelheid gedroogde kannabis beslag gelê.

Twee verdagtes, onderskeidelik 33 en 36 jaar oud, is in hegtenis geneem. Die verdagtes sal na verwagting Donderdag in die Wynberg-landdroshof verskyn op aanklag van dwelmhandel.

Die daggalaboratorium waarop daar beslag gelê is. (Foto: SAPD/ANA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Die Goodwoodianer ·

Ek groei eerder rustig verder my tabakbome. Vir eie gebruik.

Niel ·

mmm gedink dis nou wettig? of is dit eintlik meer wettig by jou huis en in kleiner hoeveelhede?

JohanR ·

Is dagga plante soos drank, sigarete, perlemoen, en geweere? Kan die polisie beslag le op die dagga, en dit weer gaan verkoop? Is dagga rook miskien nie die enigste iets wat ons deur die dag kan bring met ‘n ANC regering nie!

andre ·

Ons dapper manne in uniform,maar as voertuie op die N2 met rotse in die donker nag bestook word,soms noodlottig,dan slaap hulle rustig.

Rose ·

Hulle is so ernstig om n paar kruieplante te konfiskeer, wat van al die sterk dwelms soos tik en mandrax.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.