Polisie slaan toe op kapingsindikaat

Argieffoto

Drie verdagtes wat met ʼn moontlike kapingsindikaat verbind word, is onlangs in hegtenis geneem. Dié sindikaat word met 17 motorkapings verbind. Twee van die verdagtes sal na verwagting vandeesweek in die hof verskyn.

Kapt. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê die Valke is al geruime tyd op die spoor van lede van dié kapingsindikaat. Die sindikaat kan tot dusver aan kapings in Johannesburg, Kaapstad, Noordwes en Vrystaat verbind word.

“Van die kapings het al in 2008 plaasgevind,” sê Mogale.

Twee van die verdagtes sal onderskeidelik Woensdag in die Palm Ridge-landdroshof in Johannesburg en Donderdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

Die derde verdagte, Sharief Solomon (36), het reeds verlede week in die Goodwood-landdroshof in Kaapstad verskyn.

Die drie verdagtes staan tereg op aanklag van kaping en die besit van gesteelde voertuie.

“Die saak sal na verwagting binnekort gesentraliseer word sodat die drie verdagtes in dieselfde beskuldigdebank kan verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieter ·

Tien jaar en die S. A. P tree nou op julle is een groot grap nes die regering vir wie julle werk.

AndrewL ·

Sê die slimmes wat waarskynlik nog nooit ‘n saak ondersoek het nie. As die klaers geen inligting kan gee soos beskrywings of ander details waarop jy kan werk nie, is die kanse skraal om die verdagtes op te spoor en nog skraler om enige skuldigbevinding te kry.

Die moontlikheid is sterk dat die verdagtes wel al op ander klagtes aangekla en skuldig bevind is.

Dit het ongelukkig mode geword om sleg te sê. As iemand swak werk lewer of lui is, haal hom/haar uit, maar kritiseer op feite.

Regverdigheid ·

Raak onslae van al die vrot appels , hul nie n voorbeeld vir ons land .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.