Polisie slaan toe op onwettige goud, platinum-laboratorium

Argieffoto

Argieffoto

Die Valke het op ʼn laboratorium in Lenasia, suid van Johannesburg, toegeslaan waar goud en platinum onwettig geprosesseer is. Beamptes het tydens die klopjag beslag gelê op edelmetale ter waarde van ongeveer R5 miljoen.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die polisie, het in ʼn verklaring gesê die polisie het Woensdagaand op die laboratorium toegeslaan.

“Die Valke het ʼn wenk ontvang en toe hulle by die woonhuis in Lenasia opdaag, het hulle op die laboratorium afgekom waar goud en platinum geprosesseer word.”

ʼn 31-jarige man is in hegtenis geneem en sal na verwagting Vrydag in die Protea-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige vervaardiging van edelmetale.

Mthandazo Ntlemeza, hoof van die Valke, het gesê die onwettige mynbedryf is ʼn ernstige kommer. “Ons waarsku diegene wat hulle daaraan skuldig maak, dat ons vir hulle kom. Dis net ʼn kwessie van tyd.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Willem ·

Maar die uitlanders steel dit al vir meer as n eeu lank – hulle mag want hulle koop regerings om met geld wat uit ons grond kom…..?

Jannie ·

Ag Bull.!! Net buite Kimberley delf hulle op De Beers en Munisipale grond in die openbaar al vir jare. Was al ‘n slag op Carte Blanché. Niemand doen iets daaraan nie. En intussen sit iemand by sy huis en kry al die geld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.