Polisie slaan toe op sokkerster se dwelmfabriek

Argieffoto

ʼn Afgetrede sokkerster is op Randfontein, wes van Johannesburg, in hegtenis geneem nadat daar op ʼn dwelmlaboratorium op sy kleinhoewe afgekom is.

Kol. Brenda Muridili, Gautengse polisiewoordvoerder, sê vier verdagtes is op die perseel aangetref en in hegtenis geneem, onder wie die eienaar van die hoewe.

“Die multidissiplinêre span het die kleinhoewe geruime tyd dopgehou tot hulle tevrede was dat hulle genoeg bewyse gehad het om om ʼn lasbrief aansoek te doen om die plek te deursoek,” sê Muridili.

“Die ondersoek is Woensdagoggend vroeg uitgevoer toe die span op ʼn staalskuur vol chemikalieë en masjinerie afgekom het wat gebruik word vir die vervaardiging van mandrax, asook ʼn vragmotor wat ʼn vloeibare chemikalie bevat het.”

Misdaadtoneelondersoekers van die polisie se forensiese wetenskapslaboratorium was deur die loop van die dag op die toneel om bewyse bymekaar te maak. “Die waarde van die geheime dwelmlaboratorium sal bepaal word sodra forensiese deskundiges se ontleding afgehandel is,” sê Muridili.

Die gewese sokkerspeler was na bewering op sy dag ʼn groot doelskopper van Kaizer Chiefs en Moroka Swallows. Sy naam mag eers bekend gemaak word nadat hy die eerste keer in die hof voorgekom het.

Hy sal na verwagting Donderdag in die Randfonteinse landdroshof voorkom op aanklag van die vervaardiging van dwelms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

sus ·

Wel gedaan, maar hierdie is maar die oortjies van die seekoei … Probleem is net, daar is te min eerlike, opregte, polisielede oor …

Stephen Namibia ·

At least he is an honest crook. He creates his own wealth and does not steal from the Taxpayer!! :)

Chris du preez ·

What do you mean a honest crook . He destroys peoples lifes with the drugs. He must be jailed for life

Uiltjie ·

Dis waarom die twee genoemde spanne so SWAK speel, want kyk waarmee is die ou doelskieter besig ipv help die jonger spelers. Hy hou sy lyf apteker!

piper ·

as dit so maklik is vir jan rap en sy maat om dwelms te vervaardig moet daar baie van die vervaardigers wees. hulle sal altyd daar wees en dwelms gaan deel van on samelewing bly. wat sal help is baie swaarder stawwe. voer die dwelm mense met hulle eie dwelms sodat hy verslaaf word en dan swaarkry met hul verslawing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.