Polisie slaan toe op sowat R2,5 m se dwelms

Mandrax-tablette
(argieffoto)

Twee mense is agter tralies nadat die polisie vandeesweek op ʼn sakeperseel in Kaapstad se noordelike voorstede toegeslaan het en op dwelms ter waarde van sowat R2,5 miljoen beslag gelê het.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê ’n gesamentlike operasie is op verskeie sakepersele in Goodwood uitgevoer in ’n poging om gewelddadige misdaad in dié voorstad te bekamp.

Polisiebeamptes het tydens die optrede onder meer op ʼn perseel op die hoek van Voortrekkerweg en Vasco Boulevard toegeslaan. Hiér het die polisie groot hoeveelhede dwelms asook ammunisie en kontant aangetref.

Volgens Rwexana is daar onder meer op 187 rondes ammunisie, 4,5 kg tik, 1 600 Mandrax-tablette, 70 Ecstacy-tablette, 900 g kristal-metamfetamien en 900 g kokaïen beslag gelê.

’n 27-jarige man en ’n 35-jarige vrou is in hegtenis geneem op aanklagte van dwelmhandel en die onwettige besit van ammunisie.

Hulle sal na verwagting binnekort in die Goodwood-landdroshof verskyn, het Rwexana gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Faan ·

Voer al daai dwelms vir die man en vrou wat dit maak / versprei.

leser ·

polisie, valke, owerheid, slaan 1 aanleg hok, maar 10 ander word opgebou

Sieg ·

En nou gaan die SAPS dit weer verkoop om geld te maak, ken al die storie.

Pieter ·

Broer nou slaan jy die spyker op die kop as die hof saak kom dan is die bewys stukke weg lankal weer verkoop hehe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.