ʼn Oplettende lid van die publiek het daarvoor gesorg dat polisiebeamptes in Mpumalanga op ʼn groep rowers toegeslaan het terwyl hulle besig was om ʼn bekende supermark te beroof.
Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Vrydag by ʼn supermark in Leandra gebeur. Hlathi het nie die naam van die winkel bekendgemaak nie, maar gesê dit is “ʼn prominente supermark” in die gebied.
Volgens Hlathi het ʼn verbyganger verdagte aktiwiteite opgemerk by die agterste ingang na die supermark, wat gewoonlik deur personeellede gebruik word, en die polisie ontbied. By die polisie se aankoms op die toneel het hulle vier voertuie opgemerk, met insittendes daarin, wat in ʼn ry agter die supermark gestaan het.
Die voertuie het dadelik weggejaag toe die insittendes die polisie opgemerk het. Polisiebeamptes het die voertuie agternagesit en kon daarin slaag om een van die voertuie voor te keer, waarna twee verdagtes in hegtenis geneem is.
“Inligting oor die ander drie voertuie is na die naburige polisiestasies deurgegee en kort daarna is een van die voertuie by Embalenhle opgemerk. Polisiebeamptes kon daarin slaag om die voertuig vas te keer en die insittendes het uitgespring en te voet gevlug. Drie verdagtes is in hegtenis geneem,” het Hlathi gesê.
Daar is tydens die inhegtenisneming op ʼn AK47 en 45 patrone beslag gelê.
“Dit het gou aan die lig gekom dat die winkel en personeellede van ʼn onbevestigde bedrag kontant en selfone beroof is. ʼn Saak van sakeroof en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie word ondersoek.”
Enigiemand met meer inligting word versoek om kapt. Simon Mlotshwa by 076 253 2117 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.
Dankie SAPS
‘n Maroela Likeur aan die verbyganger wat dit aan die polisie rapporteer het..!!
Verlede Vrydag was die Spar ook aangeval deur gewapende rowers. Die sekuriteit is doodgeskiet, kliënte geroof en die kluis gebom. Bg geval (artikel)was Pick’nPay.
Gewapende roof en moord het die norm geword in SA. Almal sien dit raak behalwe die govt officials wie beweer “SA is a save country” beweer mos Afriforum oordryf.
ANC & EFF Pick en belasting betalers Pay.
Gister is ek beroof van ‘n duur selfoon, in Pick n Pay.
Om jou foon in ‘n sakkie aan jou lyfband te dra is nie juis aanbeveelbaar in vandag se tye. Nog nooit gehoor van Bluetooth? Myne is altyd binne my voorste broeksak of binne my rugsak en bewaar die siel wat dit gaan probeer uithaal sonder dat ek daarvan bewus sal wees. Geen rede om die foon uit te haal om oproepe te beantwoord of meeste gevalle te maak, mits die ding my stem herken. Enige duur foon het daai funksies. Probeer nog net egter uitvind watter land die vervaardiger gebruik het vir stem erkenning. ?
@Cherokee – Eish! Baie jammer om te hoor! In hierdie land moet jy permanent oor jou skouer loer!
Dankie Lynne.. 2 jaar gelede is ‘n P8 (Huawei) deur ‘n sakkeroller uit my sak gehaal in dieselfde winkel. Gister het ‘n swartman se trollie speels vasgehaak aan myne en hy het geruk en pluk om dit los te kry, sonder dat dit regtig vas was) met sy vriend langs my. Terwyl my aandag by die ‘komediant’ voor my was, het sy vriend ‘n Huawei P10 Plus uit die (pouch) aan my lyfband gehaal. Ek het die mobile gedeaktifeer en sal more ten duurste ± R11,000 vir dieselfde foon betaal en met my kontrak voortgaan (deur ‘n ‘simswop’ te doen,) asof niks gebeur het nie. Dit is die tweede keer in 2 jaar wat dit gebeur in dieselfde winkelkompleks. As jy by die Pavillion in Durban gaan kuier, laat jou foon by die huis. Dit geld ook vir die res van Suid Afrika!