Die polisie het Woensdag weer klopjagte in die Johannesburgse middestad gehou en daar is onder meer op ongelisensieerde vuurwapens van verskeie kalibers, waaronder ʼn AK47-aanvalsgeweer, beslag gelê.
Die jongste klopjagte volg ná verlede week se mislukte pogings om op vervalste goedere beslag te lê toe buitelanders en die polisie slaags geraak het. Die polisie is met klippe en petrolbomme bestook en het later uit die middestad onttrek uit vrees vir bloedvergieting.
Polisiebeamptes was egter Woensdag terug in die middestad waar daar klopjagte op verskeie persele uitgevoer is. Winkels wat gesluit was, is deur die polisie oopgebreek en daar is op vervalste goedere beslag gelê.
Daar is ook tydens die klopjagte op vuurwapens en ammunisie beslag gelê. Volgens genl. Bheki Cele, minister van polisie, beweer die eienaar van die vuurwapens dat hy ʼn wettige veiligheidsmaatskappy bedryf.
Cele, wat inspeksie gedoen het op die persele waar klopjagte uitgevoer is, het gesê die vuurwapens is vir ballistiese toetse gestuur.
Lt.genl. Elias Mawela, Gautengse polisiekommissaris, het gesê die polisie het die Johannesburgse middestad amptelik tot misdaadtoneel verklaar. “Ons dink die operasie was tot dusver ʼn sukses.”
Die polisie het ook talle mense in hegtenis geneem om hul immigrasie-status vas te stel.
- Polisielede tydens die klopjag in die Johannesburgse middestad. (Foto: Bhekikhaya Mabaso/African News AgencyANA)
- Foto: Twitter
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
20 Kommentare
“Uit vrees vir bloedvergieting”? FOEITOGGIE!!! Wat ‘n patetiese spul lafaards!!!
Wanneer voer die polisie ‘n klopjag uit op lede van die parlement?
Ek wonder of hulle hierdie keer darem hulle tekkies aan het in plaas van hulle boots want mens hardloop baie beter en vinniger met jou tekkies …..
Daai is nie n AK nie dis n R4 aanvalsgeweer- POLISIE issue die healgweer ook. En nou wil hulle wetsgehoorsame mense se wapens vat maar die polisie en weermag bewapen hulle met outomatiese masjiengewere. Die polisie en media lieg!
Wys jou nou net waar op bheki se lys is plaasmoorde…. ????????????