Polisie snoer kragte saam om standbeeldskendings en xenofobiese aanvalle te beveg

Riah Phiyega Foto: GCIS/SAPA

Riah Phiyega Foto: GCIS/SAPA

In die lig van die vlaag standbeeldskendings landwyd en xenofobiese aanvalle in KwaZulu-Natal en Gauteng, het genl. Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, aangekondig dat verskeie nasionale gesamentlike operasiesentrums (Natjoints) geaktiveer is.

“Ons prys die manier waarop die verskillende provinsies op die onluste reageer het. Ons is hoopvol dat met al die ondersteuning wat wetstoepassingsowerhede van die nasionale en provinsiale regering en die breë gemeenskap ontvang, ʼn oplossing vir die probleme binnekort gevind gaan word,” het Phiyega Donderdag in ʼn verklaring gesê.

“Al die relevante rolspelers by Natjoints het gisteraand [Woensdag] vir diens aangemeld. Die hoofsentrum sal 24 uur per dag beman wees om wetstoepassers se reaksie na probleemgebiede te koördineer.”

Phiyega het gesê meer intelligensie-agente is op grondvlak ontplooi om inligting in te samel, die geldigheid daarvan te evalueer en operasionele reaksie te bepaal.

“Ons verstaan daar is spanning in verskeie dele van die land tussen plaaslike inwoners en buitelanders, maar wetloosheid gaan nie geduld word nie. Ons sal aanhou om mense in hegtenis te neem wat hulle aan kriminele dade skuldig maak.”

Maroela Media het vroeër berig 74 mense is teen Woensdag in hegtenis geneem weens geweld in KwaZulu-Natal, ná ʼn vlaag xenofobiese aanvalle in die provinsie oor die afgelope tyd waartydens verskeie buitelanders aangeval en hul winkels geplunder is. Die geweld, veral in die groter Durban-omgewing, het reeds die lewe van vyf mense sedert die begin van April geëis en teen Woensdag na Johannesburg en Pretoria uitgebrei.

Talle standbeelde is ook die afgelope paar weke geskend, wat die standbeelde van Paul Kruger in Krugersdorp en op Kerkplein in Pretoria, Koningin Victoria en die perdegedenkbeeld in Port Elizabeth in die Oos-Kaap, Andrew Murray in Wellington in die Wes-Kaap, Louis Botha voor die parlement in Kaapstad en Mahatma Ghandi in Johannesburg insluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dee ·

Wat van julle snoer bietjie kragte saam om plaasmoorde ook te beveg!!!!! Useless etters!!!!

Jan ·

Probeer eers die wetteloosheid onder jou eie lede uitteroei, dan sal dit dalk beter gaan, en die president se wetteloosheid ook !!!!!!!!

Albert ·

Dis ‘n gepraat en dis ondersoeke en dis kommisies en dis alles behalwe om die regte en daadwerklike aksies te neem. Die gemors kom nie tot ‘n einde nie maar word net al grooter en slegter soos alles in chaos verval en agteruitgaan – tipies Afrika !

Francois ·

Wat help dit julle neem hulle in hegtenis en dan laat julle hulle weer vry na 24 uur want julle het geen bewyse. Dan is hulle terug om aan te gaan waar hulle opgehou het.

How about you just resign from your post. You are not worthy of being who you are. YOU are just costing this crippled country more money – not as we can really afford it, can we?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.