
(Argieffoto: Kent Williamson)
ʼn Pretoriase polisiekaptein wat die naweek eintlik die troue van ʼn kollega in Mpumalanga gaan bywoon het, het sy rusnaweek net so laat vaar om ʼn intelligensiegedrewe operasie in Pretoria te reël. Dít nadat inligting ontvang is dat ʼn vermeende moordenaar in ʼn huis in die weste van die stad skuil.
Kapt. Simon Motella het meer as 300 km gereis om Sondag die operasie te lei na ʼn verdagte wat die polisie al anderhalf jaar lank ontduik.
“Die 34-jarige man is vermoedelik deel van ʼn groep verdagtes wat Shaun Douglas Chabalala (23), ʼn ontluikende musikant, in Mei verlede jaar na ʼn woonstel in Sunnyside met ʼn advertensie vir ʼn kamera gelok het,” het kapt. Daniel Mavimbela, polisiewoordvoerder, gesê.
“[Chabalala] is van die sewende verdieping na sy dood gestamp, nadat die rooftog vermoedelik skeefgeloop het.”
Maroela Media het vroeër vanjaar berig Chabalala en ʼn vriend is deur die aanlyn advertensie na die woonstel gelok. Sy vriend kon vlug en het die rooftog oorleef.
Motella se soektog na die aanvallers het die polisie na die huis in Pretoria-Wes gelei, waar hy in ʼn plafon van ʼn huis geskuil het, glo nadat hy die polisie gesien het. Die polisie se deeglike deursoeking van die huis en die hulp van die honde-eenheid het hom eindelik daar help uitsnuffel.

Obienna Greg Ofdegbuliwe (Foto: SA Polisie)
Mavimbela het gesê die polisie is intussen steeds op soek na die man se vermeende medepligtige, Obienna Greg Ofdegbuliwe. Ofdegbuliwe is in Desember verlede jaar op borgtog van R3 000 vrygelaat. Hy is ná die moord aangekeer danksy ʼn wenk deur die publiek.
Nadat hy op borgtog vrygelaat is, het hy egter spoorloos verdwyn en nie weer vir enige van sy hofverskynings opgedaag nie.
Genl.maj. Daniel Mthombeni, die Tshwane-polisie se groepbevelvoerder, het Motella en sy span geloof vir hul toewyding en deursettingsvermoë. “Dit is polisiebeamptes soos hy wat ons gemeenskappe hoop gee en verseker dat mense veilig voel én is.”
Hier is daai een polisieman waarvan ons so baie hoor maar nog nie gesien het nie ,julle het my verkeerd bewys daar is nog n polisieman wat sy werk met passie en integriteit doen baie dankie en baie geluk hou so aan.
Ek en die meeste van RSA wetsgehoorsame vredeliewende burgers is so trots op jou Kaptein Simon Motella jy is meer werd vir ons as al die politieke hansworse mag ons land so n leier soos jy kry ek ons moed sal so vinnig herstel word en ons positief raak vir ons almal se toekoms hier
Verdwyn na hy op borgtog vrygelaat is, hy speel dalk nie tans rugby in Japan wereldbeker kompetisie nie?
Baie baie dankie Kapt. MOTELLA. Mense soos jy wat ons hoop gee vir Suid Afrika.
R3000 borgtog vir moord, wanneer gaan die owerhede tog leer?
Ja nee. Waarom op hierdie aarde word daar borgtog gegee vir moordenaars. Ek verstaan nie! Ontvoer nou iemand of dreig om iemand dood te maak om ń skurk skrik te maak soos die doodskis episode en jy sit vir jare en jare
Baie dankie Kaptein – Jy verseker verdien jou Kapteinskap, en ons land soek nog baie mense soos jy – Hou so aan.
‘n Ander naam en terug na Nigerië toe.
kaptein motella jy is n polisie beampte duisend. Baie dankie dat inwoners kan staatmaak op u.
Kaptein Simon Motella ek salueer jou. Dankie vir jou onbaatsugtige werk. Hoop nie hierdie moordenaar kry borgtog nie, want dan gaan jy ook net verdwyn soos sy makker. Skuim van die aarde!!!!
Hoe kry n buitelander borg ?
Veilig voel, en ís???????
Rerig?
Volgens mÿ is geen van beide van toepassing nie………..
Sad maar waar.
Nou waarom klink die volle naam van hierdie Obienna man so na iemand uit Nigerië ? Borg toegestaan , R 3000 aan moord verdagte nogal! Wanneer gaan moorde as iets ernstig beskou word in SA?
Ja mense, een swaveltjie maak dit nog nie somer nie…….waarom al die opgewondenheid?