Polisie soek bende ná gewaagde geldwa-rooftog

Foto: SAPD

Die polisie in Mpumalanga het ʼn reusesoektog van stapel gestuur na ʼn groep van sowat tien mans wat ʼn geldwa in Nelspruit beroof het.

Volgens die polisie het die groep mans in drie BMW’s gery toe hulle die geldwa Woensdag omstreeks 17:30 naby die Universiteit van Mpumalanga geteiken het.

Die verdagtes het glo een van die motors gebruik om die geldwa te stamp waarna dit die pad verlaat het. Hulle het hierna die kluis oopgeblaas en ʼn onbekende bedrag kontant gesteel. Die BMW wat gebruik is om die geldwa te stamp is hierna aan die brand gesteek.

Die verdagtes het in twee wit BMW’s, ʼn X5 en ʼn 7-reeks, van die toneel gevlug. Die veiligheidswagte in nie tydens die voorval beseer nie.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om brig. Obed Ngwenya te bel by 082 565 6417 of CrimeStop by 08600 10111.

Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Nita ·

Die weermag moet begin help misdaad bestry. As jy 3 BMW’s het om mee misdaad te pleeg is jy nie arm nie. Duidelik word hierdie misdade fyn beplan deur reeds skatryk sindikate.

thelsa ·

Nee regtig ouens. Vervoer erder die geld in ‘n BMW of ou Mercedes. Hierdie voertuie word gebruik om gepantserde voertuie buite aksie te stel. Really ????

Theresa B ·

Goeiste maar die rowers ry darem in vreeslike luukse voertuie??!!

Pop ·

Ry met duur voertuie en het plofstof. Ons gewone plebs het verkeerde werk lyk dit my. Waar kan ek aansoek doen vir so n werkie. Binne minute maak jy derduisende rande.

job jobson ·

BMW uitgebrand- seker geroof. Ek vermoed die vwagte is deel van die rooftog.

Stem saam ·

Stem heelhartig saam
Presisie aanval & wagte is nie beseer nie

Leahim ·

Die polisie doen nie hulle werk nie hierdie kriminele weet die kanse om gevang te word deur die polisie is skraler as om deur weerlig getref te word.Die polisie weet die geldwa en mall word meer geteiken hierdie tyd van die jaar so wat is in plek om dit te probeer voorkom???

j d ·

Hartseer is daar is geen polisie wat die sake kan ondersoek vandag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.