Die polisie is op soek na ʼn bende rowers wat Maandag kort voor 17:00 op ʼn geldwa van Fidelity in die omgewing van Badplaas toegeslaan het.
Die rowers het die geldwa sowat 12 km buite Badplaas, op die Barberton-pad, met ʼn Toyota Land Cruiser gestamp. Die geldwa het geen begeleidingsvoertuig gehad nie. Dit is oopgeblaas en ʼn ongenoemde bedrag geld is gebuit, sê kapt. Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke.
Die drie Fidelity-wagte is ernstig beseer in die ongeluk en is na die Mbuleni-hospitaal in Elukwatini geneem.

Die aanvallers het ‘n wit Toyota Land Cruiser gebruik om in die geldwa vas te jaag. (Foto: SA Polisie)
Dit is onbekend hoeveel aanvallers betrokke was en geen inhegtenisnemings is nog gedoen nie.
ʼn Vuurwapen wat aan Fidelity behoort, is buite die voertuig gekry en die polisie het beslag gelê op nog twee voertuie wat op die Nkomati-mynpad verlate agtergelaat is.
Die ondersoek moet ook die status van die Audi, met registrasienommer JC16DF GP, bepaal, terwyl ʼn Toyota-bakkie, met registrasienommer KF63JN GP, vroeër vandeesmaand in eMalahleni as gesteel aangemeld is.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Dit is darem net te wonderlik dat transitorowers altyd weet waar die vervoerwa te vind is! Hierdie is inligting van binne. Moenie net soek na die rowers nie, vind ook uit wie die inligting laat uitlek het: die eintlike slang in die gras!! Uitvaagsels!
Vree.md dat daar nie vir beter beve.iliging voor.siening gemaak kan word nie. Skep die indruk dat kon.tant vry aan krimi.nele en poli.tieke orga.nisasies ges.kenk word op hierdie manier, wat op ‘n ander manier ge.was word.
Die rowers moet binne inligting van iewers kry om die taak uit te voer.
Viva ANC and SACP.
Hierdie is lankal NIE meer ‘n grap. Dis so asof partye betrokke in vervoer van geld net nie wil of kan opkom met werkbare planne . Menselewens op die spel en sage gaan net aan!!!!Boewe lag vir hulle..gemaklike geld!!!