Polisie soek bestuurder wat 2 kinders doodry

Argieffoto: https://pixabay.com

Die polisie in Ngqamakhwe in die Oos-Kaap het Donderdag gesê hulle is op soek na die bestuurder wat in ʼn tref-en-trap-ongeluk betrokke was wat die lewe van twee kinders geëis het.

Die kinders was onderskeidelik agt en nege jaar oud.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee kinders het omstreeks 15:15 die R409 probeer oorsteek toe hulle deur ʼn motor getref is.

Volgens hom het die voorval naby die Xume-nedersetting plaasgevind.

“Ongelukkig het albei kinders op die toneel gesterf. Die identiteit van die oorledenes word weerhou totdat albei se familielede amptelik in kennis gestel is van die voorval,” het Manatha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jammer ·

Voetgangers op die R409. Baie jammer aan die oorledenes se families .. Mag voetgangers hierdie paaie gebruik? Indien nie, spreek dit met voetgangerbrue aan .. gister was daar ook so ‘n geval.

GM ·

Misdadigers dikwels mense in aan die einde van sulke brûe, en beroof hul. So al is daar so ‘n brig, maak baie nie gebruik van dit nie. Dis hartseer dat mens nêrens meer veilig is nie, en dit as gevolg van onbevoegde mense in leierskap-posisies.

Pop ·

Die bestuurder het dit dalk by naaste polisiestasie gaan aanmeld. Want as ny naby nedersetting stop in so geval kan dit rampspoedig wees.

Maggie ·

Ja nee ek dink hy sou verseker nie sy lewe seker gewees het indien hy daar sou stop nie.Hopelik het hy gegaan om dit aan te meld

Pikkewyn ·

Dit is baie hartseer dat 2 sulke jong kinders hulle lewe verloor het. Sterkte aan die families.Voetgangers en VERAL kinders hoort nie op besige paaie nie en daar moet gekyk word na ‘n alternatief om hulle veilig te help oor steek. Wat weet sulke jong kinders van afstand en spoed waarmee ‘n motor aankom en die gevare daaraan verbonde?

GM ·

Ek sien dikwels kinders van so om en by 3 ‘alleen’ loop. En ek sê ‘alleen’, want hul ouers loop meters vooruit, sonder om een keer om te kyk of die kind okay is. En dié wat so rondspeel terwyl die ma sit en bedel by die robotte, is volop. Kinders wat ‘n jaar of twee ouer is as die jonger enetjie, pas vir boetie of sussie op – dis niks snaaks nie. Ek sidder om te dink aan hoeveel dinge daar buite gebeur waarvan die publiek nooit hoor nie. Dis tragies dat kinders moet sterf terwyl soveel gedoen kon word om so iets te verhoed. R.I.V.

PJC ·

Dit is verstommend hoe jong kinders toegelaat word om besige deurpaai alleen oor te steek of daar rond te dwaal. Dit gebeur veral langs informele nedersettings. Ek voel die ouers behoort verantwoordelik gehou te word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.