Polisie soek dié man na bestuurder VS-gesin doodry

Die polisie is op soek na die eienaar van dié voertuig, met registrasienommer HBG 131 NW. (Foto: SAPD)

Daar is steeds geen spoor van die bakkiebestuurder wat ʼn pa, sy twee kinders en ʼn maatjie verlede maand langs ʼn pad tussen Allanridge en Odendaalsrus in die Vrystaat doodgery het nie.

Theuns Lubbe (39), sy vrou Elmarie (38), hulle kinders Amory (4) en Tristen (8) en ʼn maatjie Juliana Gomez (6) was op 29 Maart omstreeks middernag ná ʼn werksgeselligheid op pad huis toe, toe hulle motor omgeslaan het. Elmarie is in dié ongeluk dood. Theuns en die kinders het in die veld langs die pad gestaan, toe die bestuurder van ʼn wit Ford Ranger-bakkie in hulle ingeploeg het.

Die bestuurder het die bakkie op die toneel gelaat en klaarblyklik te voet gevlug.

Die polisie het gesê die voertuig behoort aan Zaleka Abide van Bloemfontein en het ʼn beroep op hom gedoen om na vore te kom om hulle met die ondersoek te help. Die polisie het ook gevra dat enigeen met inligting oor waar Abide hom moontlik bevind, konst. Matopile Madyongolo bel by 057 916 2431 of 082 502 4752.

Neels Lubbe, Theuns se neef, het gesê ʼn roudiens is die afgelope naweek vir die gesin gehou. Hulle word vandeesweek privaat veras.

“Dit is verskriklik, ek het hom (Theuns) elke liewe dag gebel. Ek mís hom. Ek mis dat hy vir my vra waarmee is ek besig. Hy was vir my soos ʼn eie seun.

Elmarie Lubbe (38) en haar kinders Tristen (8) en Amory (4). (Foto: Facebook)

“Maar ek het nou meer vrede. Ek weet hulle is minstens al vier bymekaar,” het Neels oor die gesin gesê.

Neels het gesê hy is egter kwaad vir die bestuurder van die bakkie, omdat dié van die toneel gevlug het. “Ek is baie kwaad, nie omdat die ongeluk gebeur het nie, hy (die bestuurder) kon dit nie voorsien het nie, maar dis nou al twee weke sedert hy weggehardloop het. In my oë is dit gewetenloos om nie na vore te kom nie,” het Neels gesê.

Hy het gesê hy kry baie goeie samewerking van die polisie, wat hulle bes doen om die bestuurder van die bakkie op te spoor. Hy kry ook gereeld terugvoer oor die ondersoek, het hy gesê.

Neels is ook steeds op soek na aanneemhuise vir die Lubbe-gesin se vier honde. As die diere nie binnekort nuwe eienaars kry nie, sal hy hulle moontlik van kant moet laat maak, het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Die Abide swernoot is dalk reeds land uit! Bied ‘n behoorlike beloning aan, en dit kan help om sy doppie te klink!

honourable member ·

Ek verstaan nie hoe ry jy mense dood en jaag dan net weg nie. Het die persoon absoluut geen gewete nie. As die polisie tog die nommerplaat het dan moet hulle hom mos kan opspoor of het hy dalk oor die grens gevlug. Nee hel dis n baie sad storie hierdie. Ek hoop regtig daardie arme diere kry goeie huise want dis nou absoluut onnodig om hulle net te laat uitsit.

Robert ·

Dit is een van die grootste probleme in die land van ons en dit is dat baie mense geen gewete het nie daarom die geweldige hoe misdaad syfer

Asjas ·

honourable member – hoe pas jou laaste sin by hierdie artikel?? Terug by die artikel, ek hoop die drywer van die bakkie word opgespoor. Hierdie is vir my baie hartseer. Pappa red die kinders en dan sterf hul minute later saam.

Asjas ·

Skuus, honourable member. My fout, ek het nie die laaste paragraaf van die artikel gelees nie.

Anonieme Lafaard ·

Gewone burgers moet deur so baie “hoops” spring met RICA / FICA / ens. – bewys van adres om elke hoek en draai voorlê, vingerafdrukke, kopië van jou ID ens. orals ingee. Tog lyk vir my hulle het nie eens ‘n woonadres, ID nommer, foto of enige ander bruikbare inligting om aan die publiek te wys behalwe ‘n foto van die voertuig en nommerplaat? Hoe dan nou?

Huurder ·

Ja ek moes ook behoorlik deur hoops spring om my lesensie hernu te kry. Ons huur en eienaar sit in Amerika. Hulle aanvaar so te se geen dokumentasie as bewys van adres nie. Ek weet nie wat mense in shacks doen nie maar ek het gesukkel om te bewys ek bly al 10 jaar op dieselfde plek. Hulle maak dit onmoontlik vir wetsgehoorsame burgers om so te bly!

Skroef ·

Alle ander plekke aanvaar diens rekening en bankstate as por. Maar muni nie, wantnjy moet R8 betaal om by hulle por te kry. Dis ook nie asof hulle joi op die stelsel opsoek nie. Skryf net, stempel en da gat jy.

o ·

Daar is ‘n plakker van ‘n Amerikaanse saalperd op die bakkie. Nie iets wat enigiemand op sy bakkie plak nie…

? leser ·

sekerlik het hy nie alleen , waarookal, gebly nie, dus moet daar kennisse, familie, vriende, ens., wees wat moet weet waar hy hom bevind
komaan mense, daars mense wat dood is, die deler is net so goed as die steler, kry hom om sy gesig te wys

Mel ·

Dis flippen laag, bitter hartseer, geregtigheid sal geskied ?

Malanie Burger ·

Hy het dalk die bakkie gekoop met die plakker reeds op die bakkie….

Hannatjie ·

Lees weer die berig . Die man het nie weggejaag nie, maar te voet gevlug!

Nettie ·

@Hannatjie – wat maak dit saak: weggejaag/weggehardloop? Hy het vier mense se dood veroorsaak – drie daarvan, klein kinders! Wie sê nie hy was DALK, DALK net betrokke in die aanvanklike ongeluk waarin die mamma van twee van die kindertjies dood is, nie? Het iemand al gedink daaraan dat dit dalk ‘n “road rage” geval kan wees? Miskien was daar ‘n insident tussen die twee bestuurders wat aanleiding gegee het daartoe dat mnr. Lubbe beheer oor sy voertuig verloor het, toe die ongeluk waarin mev. Lubbe oorlede is, gemaak het. Dalk het mnr. “Abide” – of ten minste die bestuurder van die bakkie – na die ongeluk doelbewus op mnr. Lubbe en die kinders afgepyl ………..

Ek weet nie, ek spekuleer ook maar – nes julle.

Maljan ·

as die bakkie se bestuurder (wat nie noodwendig die eienaar is nie) te voet gevlug het, hoekom het die polisie nog nie deir vingerafdrukke die drywers van sie bakkie feisoleer nie? Of het vingerafdruk vaardigheid saam met die wit lede verdwyn?

KaterinaKat ·

As dit n wit man was wat swart mense doodgery het, sou hulle seker die moeite gedoen het. Daar sou seker ook n baie groter poging aangewend gewees het om hom op te spoor. Klink vir my na n Nigeriese van, Abide.

Asjas ·

As ons belasting geld beter spandeer was is hy lankal vasgetrek. Ander lande het in die 90′ reeds met vingerafdruk en DNA Databasisse begin. Hulle het met tronke en mense wat aangkla word vir “petty crime” begin want hulle bly nie vir lank uit die moeilikheid nie en kan ook verbind word met verskeie misdade. Later is res van die mense gedoen sodat jy geidentifiseer kan word as jy dalk vermoor of vermis raak.
Hier in SA werk daair stelsel seker maar so goed soos die SARS stelsel …

Skroef ·

SA het iok n vungerafdruk data basis. Dink maar hoe jy jou id kry….

jakes ·

Wanneer hy gevang word moet hy tussen 2 bakkies vasgemaak word en dan moet die tou stadig so 15 cm per uur stywer getrek word tot dat daar 2 del van hom op die grond le.

Pieter du plessis ·

Jakes dan maak dit van jou dieselfde as die voortvlugtige, in n eerste wêreld land met goed opgeleide polisie en n regstelsel wat funksioneer sou die man reeds gearesteer gewees het en die reg sy gang gegaan.Ek weet die piesang republiek werk nie so nie maar laat ons nie soos hulle word nie.

Hanna Hoekom ·

Elke keer wanneer mens lees dat iemand op n ongelukstoneel uit sy voertuig uitgeklim het en weggehardloop het, beteken dit maar net een ding: die donkergroen nasie! Bewys my verkeerd. Die persoon is seker al lankal weer landuit. Sy naam klink al te veel na n buitelander. Arme familie! Mag julle antwoorde kry.

Ik ·

Hanna hoekom jou ik is skreiend ontoereikend. Bewys my verkeerd en swyg .

Jepetto ·

Hallo Maroela die storie krap ons lesers lellik om hou ons asb ophoogte wat gebeur en baie dankie vir al die nuus Dankie Jepetto

thelsa ·

Die 340/19 handgeskrewe merk aan die linkerkant van die bakklap behoort ook ‘n duidelike leidraad te wees

MarieM ·

Thelsa, Ek dink dit is aangebring deur die Polisie. Dit is seker die saaknommer. :)

Hannah ·

Wat is die ras van die honde en hulle ouderdom. Indien moontlik om die inligting te verskaf asb

Ouma van ·

Plaas die honde in ‘n skuiling. daar is baie skuilings waarheen hulle geneem kan word. as ek kon sou en 2 gevat het maar ek het ook nie plek nie.

VANG HOM ·

JA hoor as die bestuurder wit was was hy gevang en in die tronk . maar ja . verder hoef ek seker nie iets te se behalwe dat dit IETS VERSKRIKLIKS vir die families moet wees nie!!

Landi ·

Ek voel ook baie jammer vir Neels en die res van die familie. Hoop hul kry die gewetenlose persoon opgespoor en vinnig ook, Ek hou my ore oop en kyk vir ieder en elke voertuig se registrasienommer as ek n voertuig sien. Watter tipe honde is dit en hul ouderdom, asseblief indien moontlik.

Mellie ·

Help my nou net reg asb: is daai bakkie se registrasienommer ooit deur SAPD getoets vir eienaarskap?

Christine ·

Meneer die bakkie bedtuurder,
Doen die regte ding – gee jouself oor aan die polisie.
Skok het jou dalk laat spaander of dalk nie maar die skok is laaaankal oor. Wat skokkend is, is dat jy steeds versuim om die regte ding te doen.
C’mon Mr driver be nice and do the right thing …. Go to the nearest Police and hand yourself over. The family needs closure.

Karlien ·

Dit is nou herhaaldelik verklaar: Nav die omstandighede veroorsaak deur die eerste ongeluk waarvan die oorsaak onbekend is en slegs die eerste motor alleen by betrokke was, die Ranger bestuurder nie noodwendig kon verhelp dat hy die oorlewendes raak gery het nie. Dit was beide tragiese ongelukke. Die ranger bestuurder moet natuurlik na vore kom maar hy is nie die oorsaak of ‘n moordenaar nie. Kan glo dat hy totaal paniek bevange was. Wie sou nie wees as jy om n draai in n wrak vasry in die nag, uitswenk en dan in die pikdonker onverwags kinders tref nie.

Cynthia TREDOUX ·

Wat n KLUG is die sodanige BEWYS VAN WONING /ADRESnie! Verdomp mense…word wakker…hul gaan oral LENINGS AAN…en gee enige damn adres op …en daardie GEMORS POS EINDIG IN ALMAL SE POSBUSSE OP…dan volg die DAGVAARDINGS…eindig ook in mense se posbus…en jy WEET NIE WIE HUL IS…WAAR HUL BLY NIE….wat n LIEFLIKE DEMONSTRASIE DAT AL DIE MOEITE/GELD WAT DIT JOU KOS OM JOU ADRES TE LAAT VERIFIEER…ALS VER NIET IS…..want wat niemand verstaan nie…AS JY NIE N ID….HET…NOG MINDER VINGER AFDRUKKE…WAAR KRY HUL JOU?Die SAPD het ERKEN dat hul NIKS MET HUL KAN DOEN…want al DEPORTEER HUL…DIE VOLGENDE WEEK stap TA met n SASSA KAART uit ZIM…glo vir my…en dan doen hy al sy SHOPPING in Suid Afrika..en gaan die selfde dag weer terug na ZIM…met sy SASSA KAART! Unieke geval van hoe hierdie mense OPEREER …deur ons SOGENAAMDE GRENSE!Hoe kan n ZIM inwoner n SASSA KAART IN S.A. BEKOM????????????????????????????????????????????

moeks ·

Die bakkie lyk vir my of dit op ‘n plaas gebruik was. Dalk om vee mee te vervoer?

Wondernet ·

Dinge maak net nie vir my sin nie. Wat is die moontlikheid dat die bestuurder van die bakkie dalk uit die bakkie geslinger was en dalk, net dalkies iewers in die veld dood lê?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.