Polisie soek dié man ná Levubu-plaasmoord

Walter Maringa. Foto: Verskaf deur SAPD

Die polisie is op soek na ʼn 33-jarige man wat vroeër in hegtenis geneem is in verband met die moord op Hennie Bonnema, ʼn boer wat in Oktober 2016 op sy plaas in die Levubu-omgewing in Limpopo vermoor is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Walter Maringa, wat kort ná die moord in hegtenis geneem is, het destyds saam met twee medebeskuldigdes in die Vuwani-landdroshof verskyn. Hy is toe op borgtog van R5 000 vrygelaat.

“Die verdagte het nie op 27 Desember 2017 in die hof verskyn soos hy moes nie en hy vlug sedertdien vir die polisie,” het Ngoepe gesê. Hy het gesê ʼn lasbrief vir Maringa se inhegtenisneming is uitgereik.

“Daar word vermoed dat hy in Zimbabwe wegkruip. Die verdagte kan moontlik verbind word met ander plaasmoorde in en om die Levubu-gebied.”

Enigiemand met inligting oor waar Maringa hom mag bevind, word versoek om kapt. Richard Boshomane by 079 894 5501 of Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak. ʼn SMS kan ook gestuur word aan 32211.

Maroela Media het vroeër berig Bonnema (62) se seun en skoondogter het sy bebloede liggaam op 18 Oktober 2016 omstreeks 23:00 buite sy plaashuis gevind. Bonnema het die betrokke aand omstreeks 21:30 by die huis gekom nadat hy by familie gaan eet het.

Jan Bonnema, Hennie se broer, het destyds aan Maroela Media gesê Hennie het vermoedelik by die erf ingery, onraad vermoed en omgedraai om weer uit te ry, toe die aanvallers hom voor die hek oorval het. Hy is daar met ʼn skerp voorwerp gesteek en geslaan en is op die toneel dood.

Hennie het saam met sy seuns, Hendrik en Pieter, met avokado’s, piesangs en makadamianeute geboer.

Lees alle vorige berigte oor Hennie Bonnema op Maroela Media.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Selfbeskikking ·

Alle aandag moet nou op selfbeskikkingooreenkomste met ons regering en buiteland gefokus word, dis al uitweg.

Pieter ·

Ek wens ek kon sy borgtog betaal en hom na n veilige plek vat daar waar niemand hom kan kry nie,en dan sou hy ook nie eers weer hof toe te gaan of enige plek te gaan nie,hy kon net dood stil bly lê daar waar hy weg gesteek word

Elize ·

Hoekom kan hulle nie die myne (ondergrond) gebruik as tronke vir sulke uitvaagsels nie. Sluit hulle daar toe en gooi die sleutel weg want in die lig is hulle besig om moord te pleeg en kom weg daarmee. Laat hulle soos molle onder in die grond leef want bo is hulle gemors.

Moeg vir SA ·

Hoe word ñ moordenaar op borgtog van R5000 vrygelaat en wie het die borg so ewe betaal?Dan verskyn hy eers nege maande daarna weer in die hof??Natuurlik sal hy aangaan met die moorde en plaas aanvalle dis plain logika!!

Selfbeskikking ·

Want die regering gebruik pionne soos hierdie om ons namens die regering uit te haal. Daarom moet ons onsself regeer, ons eie tuisland kry, en nou daaroor begin onderhandel.

Hennie ·

Sien dis waarvan ek praat. Word in hegtenis geneem vir moord maar word borgtog toe gestaan!!! Nerns in die wereld word borgtog toegstaan aan mense wat verdink word aan moord,roof of verkragting nie. So hoekom word dit in ons land toe gestaan? Wys net ons regstelsel is so opgestel dat dit die beskuldiges bystaan en help!!! Ons land moet begin bykom

Landie ·

Jy weet nie waarvan jy praat nie. Borgtog is ‘n wêreldwye verskynsel, gabasseer op die beginsel dat jy onskuldig geag word tot jy skuldig bewys word.

Frikkie Geld en huis ·

Hierdie is ‘n Afrika land, Hennie. Dit verskil baie van ander lande wêreldwyd. Die meerderheid inwoners toon psigopatiese neigings en is ook baie dom.

Landi ·

Landie, kom by, jy is nie in Amerika nie skattie. In ons land is dit anders om. Was nog altyd. In SA, sal hulle jou nie in hegtenis neem, as daar nie konkrete bewyse is nie! Pasop voor jy aanvallerig wil wees. Werk bietjie aan witmens kammeraadskap asb?

Danie ·

Landie met alle respek, kyk bietjie hoe werk die Amerikaanse reg stelsel …. Jy KRY nie net borg nie, veral nie as jy met meer as 1 moord verbind kan word nie …. EN Indien jy borg kry is dit nie 5000 rand nie, maar n paar honderd duisend dollar…. Borg is nie n REG nie….

Hoe? ·

Hoe op aarde kry jy dit in jou kop om ‘n moordverdagte op borgtog los te laat, veral as jy bewus is dat hy ‘n buitelander is!?

PJC ·

Hy word ook verdink van ander moorde so hy moes nooit borg gekry het nie. Hopelik raak hy mak en loop iewers sy rieme styf.

Tia ·

En hoe lank het die twee sotte wat ‘n man in ‘n doodskis geprop het (en ‘n video daarvan gemaak het) gesukkel om borgtog te kry?

A ·

Dis lagwekkend. Hulle kry borg vir moord maar ‘n blanke wat iemand dreig kry geen borg nie

Danie ·

Wag n bietjie ….hy word dalk verbind met MEER AS 1 moord , maar hy word borgtog toegestaan?? Dit terwyl daar met alle mag agter iemand soos Penny Sparrow gejaag is om haar in die hof te kry?

RM ·

As die moordenaars vry in die strate loop is dit ANARGIE in my boek.
we`e`t met wie jy jou land deel.

RM ·

EN hierdie land was eens ‘n paradys….voor die Afrikane op hulle troon geklim het.

Riouna Martin ·

Mense ek wil julle iets vertel my seun doen tuis onderrig hy is 12 jaar oud. Laas jaar het ek n stuk met hom behandel oor wat hy moet doen indien nood tref. Terwyl ek verskillende beroepe met hom behandel se^ hy vir my maar hoe kan ek vir hom nou se^ hy moet die polisie kontak as hulle nie eers uitkom na mense toe nie en ook nie die skelms kan vang nie. Hy wat 12 jaar oud is besef nie eets hy wat n kind is, is veilig by die polisie nie nou ja ek vertel hom toe seun jy kry oral goeie en slegte mense jy moet maar net hoop en bid jy kom by die regte mense uit. Nou vra ek julle wat moet jy nou eintlik leer vir jou kind om nie die SAP te bel nie of wat? Hy hoor nou in laas week van Sap lede wat blykbaar n kind verkrah het toe kind hulp gaan soek het. Gister uit die bloute vra hy ma hoekom se^ jy ek moet hulp daar vra as sulke dinge gebeur. Ek het net na hom gestaar en niks gese nie. Hoe moet jy jou kind leer??

JM ·

Ek sê geen borgtog vir moord, sluit hom of haar toe en gooi die sleutel weg.

Willie ·

Belaglik R5000 borg vir moord? Ja siek ANC en EFF! Bloed is aan julle hande….

Xante ·

Ja gee hulle nog borgtog. Dis wat ons boere se lewens werd is R5000… Pateties

Hanna ·

Maar die boer wat in die afgedankte werker se huis vasgery het bly in aanhouding? Wat is fout met hierdie prentjie? R5000 borgtog vir moord (of eerder moorde) is absoluut belaglik!

MAGDA ·

Hanna – Presies wat ek gister gese het. Die boer kon GEEN borg kry nie en dit was maar net vir ‘n geringe besering wat die ONWETTIGE PLAKKER op die boer se eie grond opgedoen het en die REGTE MOORDENAARS kry borg en gaan net aan om te moor en verkrag. Ek glo nie hulle DINK/VERMOED net dat hy by ander aanvalle betrokke was nie. Ek dink hulle WEET hy is wel by die ander aanvalle betrokke. Die wat so maklik borg gee moet ook aangekla word want dit is tog sy/haar skuld dat die beskuldigde uit is en dit WEER kan doen

Gestremde ·

Die borgtog aansoek geleentheid moet ondersoek word. Volgens my kan borg net toegestaan word as die persoon oor ‘n vaste adres beskik en / of ‘n werk het of familie het wat na hom kan omsien. Die inligting saam met die besonderhede van naasbestaandes moet dan eers bevestig word. Vir skedule 6 misdrywe moet daar ook redelike bewyse wees om dit te regverdig voordat borg toegestaan word. Borg mag ook nie toegestaan word aan ‘n buitelander nie. Dit wil voorkom of die landros nagelaat het om dit te doen en in sy eie posisie die Strafproseswet oortree het. My voorstel is dat die mense wat deur die misdadiger se optrede geraak word die aangeleentheid met regskenners bespreek en siviele eise teen die landros aanhandig maak. ‘n Stap in die regte rigting is om die saak op te neem met die Prokureursorde en verder ook regsadvies te kry van “Legal Aid” en soorteglyke instellings. Met die Life Esidimeni geval moes elk van die 144 oorledenes vergoed word met R 1. 5 miljoen omdat daar nie by regte en voorskrifte gehou is nie. Ek glo enige van die slagoffers wat ‘n prokureur nader sal die saak aanvat as daar bewys kan word dat Walter Maringa betrokke was by die misdade en met skuldigbevinding / kompensering dan sy geld terug eis. Mense moet ophou om te praat en eerder begin kyk wat hulle kan doen om die situasie op te los. Dit geld ook vir die wat nikssegende kommentaar hier lewer.

ej ·

So hartseer. Hy uit op borg, maar wit mense moet sit. Kastig vir hulle eie veiligheid. Pateties

Selfbeskikking ·

Die tyd het gekom om te onderhandel vir ons eie land, nou!!!

Theresa ·

Sit sy gesig groot op plakkate oral. WANTED for murder. Maak die beloning die moeite werd – sien hoe gou kry jul hom. Soek onverpoosd verder – die moordenaar loop vry – wat ‘n tragedie.

Toppie ·

Hierdie is ons land, hoekom onderhandel. Ons moet ons slapgatgeit los en ons land terugvat. .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.