Polisie soek dié man oor Limpopo-plaasmoord

Makhado-kleinhoewe-verdagte

Die polisie is op soek na dié man in verband met die moord op Johan Oelofse van Louis Trichardt (Foto verskaf deur SAPD Limpopo)

Die polisie in Limpopo is dringend op soek na ’n man wat hulle glo hulle kan bystaan met hul ondersoek na die moord van Johan Oelofse wat Sondag op ’n kleinhoewe buite Louis Trichardt doodgeskiet is.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het ’n foto van die verdagte, Maxwell Sithole, uitgereik en ’n beroep op die publiek gedoen om die polisie in kennis te stel indien iemand weet waar Sithole hom bevind.

Maroela Media het vroeër berig Oelofse (42), ’n bouer, is doodgeskiet toe hy probeer het om ses aanvallers af te weer wat op die huis, waar hy en sy geliefdes op ʼn kleinhoewe buite die dorp woon, losgebrand het. Oelofse en sy vriendin, Miempie du Toit (42), het televisie gekyk kort nadat Du Toit se twee kinders, Wimpie (10) en Inge (16), gaan slaap het toe “alle hel” omstreeks 21:30 losgebars het.

Johan Oelofse en Miempie Du Toit. Foto: verskaf

Johan Oelofse en Miempie Du Toit. Foto: verskaf

Volgens Du Toit het die vier in ʼn gangetjie in die huis geskuil terwyl skote al om die huis afgegaan en altesaam 19 vensters stukkend geskiet is. Oelofse kon in die harwar daarin slaag om sy pistool en selfoon in die hande te kry. Hy het in die rigting van die aanvallers geskiet van waar hulle van alle kante op die huis toegeslaan het. Hulle het ʼn vriend gebel en hulp ontbied.

Die aanvallers het gevlug sonder om enigiets te buit, maar Oelofse is op die toneel dood.

Otto het gesê enige persoon met inligting oor Sithole kan sers. Adam Honyane by 071 1637 272 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Knersus D ·

Ek wonder regtig oor julle berigewing. “Hulle het op die huis toegeslaan. Hulle het hulp ontbied en ‘n vriend gebel” . Dit klink asof die aanvallers hulp ontbied het. Rerig maroelamedia???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.