Polisie soek dié man oor ontvoering, moorde

Kishan Kistaven Laskad Pillay (Foto verskaf deur SAPD Noordwes)

Die polisie in Noordwes is op soek na die 38-jarige Kishan Kistaven Laskad Pillay in verband met sake van ontvoering en moord wat tussen 22 en 23 April 2021 in Sandfontein, Brits aangemeld is.

Kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, het gesê twee vroue en ʼn man is na bewering die aand van 22 April uit Elandspoort in Pretoria ontvoer. “Die drie persone is die volgende dag geskiet en in ʼn vlak graf by Sandfontein begrawe. Hulle liggame is op 30 April gevind.”

Enigiemand met inligting word versoek om kapt. Bushy Moses Mmatli of die Brits-taakspan te kontak by 082 557 0671 of 079 222 8954.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.