Polisie soek dié verdagtes na rooftog

Die polisie is op soek na dié verdagtes in verband met ‘n transitorooftog in Kriel, Mpumalanga. (Foto: SA Polisie)

Die Valke het foto’s van ʼn groep vermeende transitorowers vrygestel wat na bewering ʼn geldwa van SBV van ʼn ongenoemde bedrag kontant beroof het.

Die veiligheidswagte was op 29 Augustus verlede jaar in Kriel, Mpumalanga, besig om kontant in ʼn OTM te laai toe ʼn groep gewapende mans hulle oorrompel het. Die mans was geklee in soortgelyke uniforms as dié wat die wagte gedra het, het kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, gesê.

“Die bemanning is gedwing om die pantservoertuig se kluis oop te maak terwyl hulle met springstof gedreig is. Een van die bemanningslede is twee keer geskiet. Hy het die aanval oorleef,” het sy gesê.

Die verdagtes het in ʼn silwer Toyota-bakkie en ʼn Toyota Etios gevlug en die geldwa se sleutel saamgeneem.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan kapt. Thembi-Nkosi Nkambule kontak by 082 303 9872 of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Burgermeester ·

As die transitorooftog al in Augustus plaasgevind het, hoekom vra hulle nou eers vir hulp? Genugitg, is die SAPD sovêr agter met hulle klagstate dat hulle nou eers die inligting bekend maak?

Scalla ·

As die klagstaat bo kom word dit weer onder die pak geplaas, Afrika tyd

Emily ·

Dis SA, hulle sal nie gevang word nie.
Alle kriminele het mos n reg in die land.

Stofdonkie ·

Het die rowers toestemming gegee dat daar ‘n foto van hulle versprei mag word? As hulle gevang word sal hulle weer vrygelaat word op een of ander tegniese punt, soos dat hulle nie in kennis gestel is dat hulle gesoek was nie, of dat hulle foto versprei is sonder hulle toestemming. Die krimineel in die land het mos meer regte as die gemiddelde burger. Voorbeelde hiervan kan gesien word tot in die hoogste gesag, ons vorige president loop steeds vry, Dlamini Zuma se smokkel maats reis orals saam haar en so kan ons aangaan.

Jaco ·

Vervoer die geld in ‘n Volkswagen beetle en dra die geld in pick n pay sakke. niemand gaan weet wats regtig daarin nie. die gepanserde geldwaens, uniforms en gewere is uitnodigings om beroof te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.