Polisie soek dié vermiste Port Alfred-mans

Javon van Aarde

Javon van Aarde

Die polisie in Port Alfred het die publiek se hulp versoek in ʼn poging om twee vermiste mans, onderskeidelik 26 en 68 jaar oud, te probeer opspoor.

Lt. Luvuyo Mjekula, woordvoerder van die polisie, het gesê Javon van Aarde (26) is Maandagoggend die laaste keer deur familie gesien. Volgens sy ouers ly hy aan erge depressie en het nie sy medikasie, selfoon of geld by hom nie. Volgens sy ouers het hy al voorheen verdwyn. “Toe hy die eerste keer verdwyn het, was hy by vriende in Port Alfred, maar dié keer weet ons nie waar hy is nie.”

’n Familielid het Van Aarde glo in die week naby Cradock gewaar. Van Aarde het glo gesê hy is op pad Johannesburg toe. Van Aarde het ʼn wit T-hemp en ʼn blou denimbroek aangehad toe hy die laaste keer gesien is. Hy is 1,79 m lank en weeg 86 kg.

Frank Sutherland

Frank Sutherland

Die polisie is intussen ook steeds op soek na Frank Williams Sutherland (68) wat al sedert 2013 vermis is. Sy suster, Jean Edwards, het hom in Augustus verlede jaar as vermis aangemeld. Sutherland het met ʼn wit Ford Bantam-bakkie gery toe hy die laaste keer gesien is.

Enigiemand met inligting oor die twee vermiste mans word versoek om ao. Denzil Burger by 083 394 2998 of die Port Alfred-polisiestasie by 046 604 2000 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sam ·

Hi daar,

Dit is Jovan van Aarde, nie Javon van Aarde nie. Sterkte aan die familie hoop albei word spoedig opgespoor.

christine ·

Genade hyt 2013 al weggeraak. Joe syt nou eers begin soek.

Lulu ·

Spogsog, as jy weer die berig wil lees ………………….. sy het hom laasjaar (dus 2015) eers aangemeld as vermis. Steeds TWEE jaar na hy die laaste keer gesien was!

Gill ·

Hierdie mense sal tog van hulle laat hoor as hulle self wil. Maar iemand wat al vir 3 jaar weg is sal tog sekerlik oorlede wees?

Gesiggie ·

Jy word vermis vanaf 2013 ? jy raporteer dit Augustus verelede jaar ? nee ek verstaan ook nie lekker… of lees ons verkeerd tussen die lyne? En aangaande die seun? ek hoop van harte dat jy iewers veilig is”Javon ” jy het hulp nodig” Ek wil nie kras klink, maar as die ouers weet dat die kind aan erge depressie ly, moet hy 24/7 dop gehou word… die medikasie kan dit net vir n kort tyd verlig, maar dan word dit net weer erger.. ek verstaan jul moet ook werk en als, maar as hy dit eers een keer probeer het, gaan hy net weer… Ek hoop van harte dat ons darem goeie nuus sal ontvang van Javon of Frank.. Frank ek hoop jou Familie doen meer moeitte om jou op te spoor… 3 jaar is al verby\? ek hoop als werk reg uit…Sterkte aan die Families”’

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.