Polisie soek drie vermiste PTA-kinders

polisie 2Die polisie is sedert Maandag op soek na drie kinders wat in Pretoria vermis geraak het toe hulle gaan speel het.

Kapt. Johannes Maheso, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die drie kinders, Neo Setlhabane (10), Gomolemo Mangena (10) en Bonolo Malemela (9), van Mamelodi, noordoos van Pretoria, is die aand as vermis aangemeld.

“Hulle is Maandag laas na skool gesien. Hulle het by die huis aangekom, ander klere aangetrek en gaan speel,” het Maheso gesê. Hy het gesê die kinders het naby ʼn kerk in die omgewing gespeel.

“Daar is ʼn stormwaterpyp langs die kerkgebou wat tot by ʼn nabygeleë rivier lei. Die rivier is sowat ʼn kilometer van die kerk af.” Die vermoede bestaan dat hulle dalk deur vloedwater meegesleur is en in die rivier beland het. Die soektog hervat Woensdag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.