Polisie soek groep wat winkelsentrum plunder

Die skade aan die Acornhoek-winkelsentrum in Mpumalanga nadat ‘n groep verdagtes toegeslaan het. (Foto: RIOT & ATTACK info South Africa/Twitter)

Die polisie in Mpumalanga is op die spoor van ’n groep gewapende verdagtes wat Vrydag ’n winkelsentrum in Acornhoek geplunder het.

Minstens 15 winkels is geraak deur dié plundertog in die vroeë oggendure.

Kol. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie, sê veiligheidsbeamptes het vanoggend die polisie ontbied kort nadat ’n groep verdagtes omstreeks 02:00 op die Acornhoek-winkelsentrum toegeslaan het.

Die polisiebeamptes het hulle na die winkelsentrum gehaas en op pad daarheen verskeie geweerskote vanuit verskillende rigtings gehoor en die hulp van nóg polisiebeamptes ingeroep.

Die skade aan die Acornhoek-winkelsentrum in Mpumalanga nadat ‘n groep verdagtes toegeslaan het. (Foto: RIOT & ATTACK info South Africa/Twitter)

Die verdagtes het egter met die polisiebeamptes se aankoms reeds op die vlug geslaan.

Mdhluli sê ’n voorlopige ondersoek toon die verdagtes het ’n deur afgebreek om toegang tot die winkelsentrum te verkry.

Verskeie items is uit winkels in die winkelsentrum gesteel terwyl plofstof na bewering gebruik is om toegang tot kontant in die kitsbanke en winkelsentrum se kluise te verkry.

Die verdagtes kon die polisie ontduik en het met die gesteelde items en ’n onbekende bedrag kontant op die vlug geslaan.

Dit is nie duidelik na hoeveel verdagtes die polisie soek nie.

Lt.genl. Semakaleng Manamela, provinsiale polisiekommissaris, het intussen die voorval veroordeel en beveel dat die verdagtes so gou moontlik aangekeer word.

Manamela het ook lede van die publiek gemaan om geen vermoedelik gesteelde items te koop of te aanvaar nie, maar eerder die polisie te ontbied.

Enigiemand met inligting rakende die voorval word versoek om die plaaslike polisiestasie se bevelvoerder, lt.kol. Albert Manzini, by 082 318 9925 te bel of die StopMisdaadnommer by 08600 10111 te skakel.

Die skade aan die Acornhoek-winkelsentrum in Mpumalanga nadat ‘n groep verdagtes toegeslaan het. (Foto: RIOT & ATTACK info South Africa/Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Stefaan ·

Dit lyk my hulle het genoeg tyd gehad om verwoesting te saai voordat SAPS opgedaag het.

Frank ·

Presies, as mens sien hoe rustig hulle is. 15 winkels??? En toes hulle weg toe die SAP uiteindelik opdaag? Die versterkings is seker uit Pta uit ontbied…

absoluut ·

Inside job.
Het elke plek in die sentrum nie ook n alarm nie?
Waar is al die kameras?
Waar was die sekuriteit toe dinge gebeur het(seker geslaap as daar was)?

Misky ·

Hulle lyk nie eens haastig nie. Amper asof hulle weet polisie vat lank om daar uit te kom en hoeveel tyd hulle het

Jr ·

Ja en Checkers en Spar en Pick and Pay sal nou miljoene rande weer skenk! Aggh shame

Pablo ·

En waar was die sekuriteits wagte. Jy mag nie n wapen vir self verdediging he nie maar jy kan plofstof gebruik om alles op te blaas.

Di ·

Beslis iemand betrokke wat presies weet waar als in daar sentrum is! Ja so ploeter ons net voort tussen die duisende kriminele wat als plunder. HOED is seker te besig om stemme te probeer werf. ANC Kaders almal useless, korrupte spul. Dis danksy hulle onbevoegdheid om misdaad hok te slaan dat dit nou SO gaan.

annie ·

Wat dit op dui is dat sulke sentrums nie beskerm word nie; maak nie saak of die polisie later sal gaan soek na leidrade en skelms nie. As dit op die toekoms van winkelskomplekse dui, sal versekeringsgroepe hul premies erg verhoog want hul betaal uiteindelik vir die skades en skandes en ‘n afwesige polisiemag. Mbeki is so uit voeling in die huidige tydvak dat hy steeds wil glo dit gaan goed met die land en sonder die ANC is ons gedoem; dieselfde ANC wat weier om die menige rooi ligte te sien flikker.

Hondjie ·

Om wat te maam? Om hul vry te laat op borgtog en hulle te verdwyn

Jack ·

Hoef nie ver te soek nie. Gaan blok hulle sommer op pad mosambiek toe. Die vloeke in nou besig om die misdaadleiers in die land te word. Tyd dat die plaaslike mafia met hulle afreken.

Francois ·

Se eerder die poliesie was bang om in te gaan en het weggekruip

Yolandie ·

Wel gedaan ANC. Daar het jy nou die landsburgers gekweek wat jul voorbeeld volg! Ek wens elke liewe corporate bedryf wil toe maak en net familie besighede moet oorbly. Hulle sal dan belasting betaal en die wette bepaal soos corporate tans doen.

christo ·

Dis baie belangrik om ‘n misdaad analise van hierdie insident te doen. Dit is deeglik beplan. Hierdie is nie ‘n toevallige of geleentheidsmisdaad nie. Indien soortgelyke misdade plaasvind, kan daar meer as net misdaad daaragter sit.

Rooikopheks ·

Hierdie mense het presies geweet waar en wat om te doen. Hulle het dan selfs handskoene gedra om nie vingerafdrukke te maak nie. Rustig asof hulle weet hulle het genoeg tyd, geen alarms, geen polisie nie, geen veiligheidswagte nie…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.