Polisie soek hóm oor onwettige mynbedrywighede

Msimango Wonder Samuel word deur die Valke in verband met onwettige mynbedrywighede, korrupsie en geldwassery in die Vrystaat gesoek. (Foto: Verskaf)

Die Valke in Bloemfontein is op soek na ʼn man wat glo van deurslaggewende belang kan wees in ʼn ondersoek na onwettige mynbedrywighede, korrupsie en geldwassery in die Vrystaat.

Agt verdagtes is reeds op 15 November verlede jaar in hegtenis geneem tydens ʼn projekgedrewe ondersoek om onwettige mynbedrywighede in Welkom en die Thabong-streek te stuit.

Kapt. Christopher Singo, woordvoerder vir die Valke, sê nog inhegtenisnemings word verwag en dat hulle nou die publiek se hulp nodig het om ene Msimango Wonder Samuel op te spoor.

“Enigeen met inligting wat kan help om Msimango op te spoor, kan lt.kol. Babane Skota by 079 509 4998 kontak. Alle inligting sal as uiters vertroulik hanteer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kokerboom

Wonder of die skepsel ‘n onwettige(wettige) immigrant is. Die goed floreer in SA

Pietertjie

Hy is iewers in ‘n mynskag.

Gompie

Hy dink hy was in ” wonderland” met al die onwettige bedrywighede. Wonder het nou na bollie verander.

Shakespeare

Swak foto. Hy lyk gladnie na Zuma nie en nog ‘n fout. Hy is al 15 jaar lank op vrye voet.

Diline

Wonder of hy gevang gaan word? Die skelms het mos baie wegkruip plekke in die land van melk en heuning! Boeties bekerm mekaar