Polisie soek inligting oor dié vrou

Die polisie het die foto van die onbekende vrou verskaf.

Die polisie het die publiek se hulp versoek om ʼn vrou wat in die Plattekloof-omgewing in Kaapstad gevind is, te probeer identifiseer.

Die onbekende vrou, vermoedelik in haar 30’s, is op 26 Julie deur ʼn ander vrou by die Bellville-polisiestasie afgelaai, het lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Sy het die vrou gekry waar sy in die pad geloop het en gesien sy weet nie wat om haar aangaan nie en haar toe na die polisiestasie gebring.”

Die vrou kan nie haar naam, adres of enige ander inligting aan die polisie verskaf nie. Sy het lang swart hare en was in ʼn blou denim en ʼn pienk trui geklee toe sy gevind is.

Volgens Traut het niemand nog na vore gekom om die vrou te identifiseer sedert sy Vrydag gevind is nie.

Enigiemand met inligting oor die vrou word versoek om die polisie te nader by 021 590 1001.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Santie123 ·

EK sien iemand op Fb se hul dink dis Cindy Saayman ( FB page naam wys Saayman Cindy)

Bernard ·

Ja did defnitief SAAYMAN CINDAY (Chinda) ; sy is op FB, was aktief 22 Junie.

Desiree ·

ook gesien op facebook, maar as ek nou mooi na die profile kyk lyk dit vir my of sy altyd betrokke was by liefdadigheids werk!!!!!!!!

Nettie ·

@Rohan & Willie …………………. forensiese tegnologie in SA is ligjare verwyder van dit wat in lande soos die VSA of ander Europese lande beskikbaar is; nie omrede die tegnologie nie daar is nie – omrede daar nie intellektueel-ontwikkelde individue is in staatsdepartemente wat met misdaad/vermiste-persone sake werksaam is, wat hierdie tegnologie tot voordeel van die oplossing van misdaad/vermiste-persone sake kan aanwend nie.

Die VSA het iets soos ‘n “National Crime Data Base” (kom ons noem dit maar so) waar – wanneer ‘n persoon wat in hegtenis geneem word vir ‘n federale misdaad – ‘n DNS-monster en vingerafdrukke geneem word en op hierdie databasis geplaas word, wat beskikbaar is vir gebruik deur wetstoepassers. Waar, in SA, sal daar ooit so iets geïmplementeer kan word???

jennefer ·

Zorro, elke mens se fingerafdruk is op die stelsel. Op 16 jaar mag jy aansoek doen vir n ID daar word vingerafdruk geneem. Dis ook gekoppel aan jou rybewys en paspoort.

Kiki ·

kom ek se vir julle gou, ek was laas jaar gearresteer, vir n misdaad wat my partner commit het, maar omdat ons in die sele huis bly, is ek ook “tjoekkie’ toe vir n paar aande komplimente van die staat.
voor mens in die hof verskuin, is jou vingerafdrukke gevat as ook DNS monster.
wat hulle nou daarmee doen, weet ek nie, want soos dit hier gese is, die land lack slim “manpower”

Rinda Rossouw ·

Waarom antwoord die Polisie nie die foon nie??? Pateties!!!!! Sy het ‘n jong seun en is getroud met Shahzad Aamir.

Speedguard ·

Want hulle is besig op hul selfone om sake op te los!☺

Blommie ·

Ag Rohan ek glo nie eers SA beskik oor CODUS nie…
Hoe sal ONS regering BELE in dan nou sulke goed, nee wat BMW en TRIPPEL verdieping huis wat oor die see uit kyk klink BAIE beter vir MY as om die land se geld op die regte plekke te bele.

Abe ·

Blommie,
Dis CODIS, n Amerikaanse stelsel. Nee SA. het nie so iets nie.

Hendrik ·

Sy het dieselfde pienk trui aangehad op 17 April foto, sy werk met Heroine verslaafdes, ai hoop sy is nie ook verslaaf nie.

Zorro ·

Hi Rohan, Jy is nou bietjie rof op ons Polisie. Hulle mag vingerafdrukke van misdadigers hou, maar nie van wetsgehoorsame burgers nie. Dit is volgens ons wette ‘n skending van privaatheid. So, myne is nie op rekord nie. Is joune?

Helen ·

Ek is net baie dankbaar teenoor die vrou wat haar gekry het, en die regte ding gedoen het deur haar Polisie toe te vat. Dink wat kon haar oorgekom het as sy in die verkeerde hande beland het. Dankie aan die Samaritaan.!

MARTIN ·

As jy aansoek doen vir ‘n ID boek wor daar mos vinger afdrukke van jou duim geneem…..

Elsie ·

Martin en Jennefer, ongelukkig het die Polisie nie toegang tot Binnelandse Sake se vingerafdruk stelsel nie. En dit is soos Zorro sê, die Polisie het slegs toegang tot jou vingerafdrukke as jy ‘n rekord het. Polisie se hande is afgekap en dit frustreer hulle grensloos.

Vicky Alberts ·

Jou vinger afdrukke is natuurlik op rekord …die dag toe jy die 1e keer vir n id boek aansoek gedoen het en as jy ñ licence het.

CN ·

Zorro – jou vinger afdrukke word geneem vir ID sowel as Paspoort, en bestuurs lisensie – ek sou dink dit is definitief op rekord!

Blanche ·

Ek dink nie sy is meer met Mnr Amir getroud nie en haar seun is al meer as 4jr terug nie meer by haar nie. Hy woon by sy Pa. Dink ook nie sy het ń permanente adres nie, so dis moeilik om dit te bepaal. Sy het gediagnoseerde psigiatriese probleme, so ek hoop sy kry hierdie keer die hulp wat sy benodig.

Willie ·

Dis net baie jammer dat daar soveel verlore sielle is, en dat dwelms nie vasgevat word nie.. Maak soos ander lande, hang iemand as hy dwelms dryf….

A.Zoet ·

Jammer Elsie en Willie die Polisie het toegan my dogter het baie lank by Binnelandsesake gewerk by vinger afdrukke. Maar in ons nuwe bedeeling in S.A. hul wil nie werk nie, wag net vir hul betaaling einde van die maand. Sien my kommetaar elders oor meer inligting.

Tienie ·

Ai. Die arme mens. Ek hoop en bid sy word gou met haar geliefdes versoen.

Karolis ·

Hier is ‘n paar MM lesers wat nogal oplettend is, of sal ek sê wat op die bol is.
Goed gedoen julle.

Schalk ·

Ai mense die filing system en die gewilligheid vir netheid en orde.Moet tog nie jou gboorteregistrasie aanvra nie want in jou leeftyd sal jy hom nie kry nie.Onthou daar is nie geld in filing nie.

hannelie ·

Sy is oor 16, het seker n ID. Moet haar vinger afdrukke nie op die system by binnelandse sake wees nie.

Melany ·

Hello Maroela Media. Het hulle uitgevind wie die vrou is? Is daar enige opvolg artikels? Dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.