Polisie soek leidrade ná man, vrou se dood

Argieffoto

Die polisie in Gauteng is op soek na ʼn onbekende verdagte wat glo verantwoordelik is vir die dood van ʼn man en vrou van Alexandra in dié provinsie.

Volgens ʼn verklaring is ʼn 27-jarige man en ʼn 26-jarige vrou dood nadat hulle deur die verdagte geskiet is.

Die voorval het glo Saterdagoggend omstreeks 06:30 plaasgevind. “Volgens ooggetuies het die verdagte ʼn argument met die vrou gehad waarna geweerskote afgevuur is. Die skote het na bewering die lewe van die 27-jarige man én die 26-jarige vrou geëis.”

Albei mense is op die toneel dood verklaar.

ʼn Ondersoek na die voorval duur voort. Meer inligting oor die voorval én die verdagte is nie in dié stadium bekend nie. Enigeen met meer inligting word versoek om met hul naaste polisiestasie in verbinding te tree of die misdaadnoodlyn by 08600 10111 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ES ·

Net so word twee mense se lewens geneem want kriminele word mos voor gesorg in die tronk… met komplimente van die belastingbetaler.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.