Polisie soek ma in internasionale ontvoeringsaak

Die polisie is op soek na Michelle Estran. (Foto verskaf deur die SA Polisie)

Die Wes-Kaapse polisie is op soek na die 46-jarige Michelle Estran nadat sy versuim het om ingevolge ʼn hooggeregshofbevel by die Wellington-polisie aan te meld.

Kol. André Traut, polisiewoordvoerder, het gesê Estran se driejarige seuntjie is vermoedelik by haar.

“Estran oortree ʼn hofbevel wat verband hou met ʼn internasionale kinderontvoeringsaak en ʼn lasbrief vir haar inhegtenisneming is uitgereik,” het Traut gesê.

Enigiemand met inligting oor waar Estran haar moontlik bevind, word gevra om kol. Johan Barkhuizen te bel by 082 777 6380. Misdaadwenke kan ook by die polisie se Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 of op die MySAPS-app aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Louise ·

Enige mamma wat die wet oortree om haar kinders te beskerm. het goeie rede daarvoor!

lollapot ·

Hierdie is een van daai dinge wat ek nog NOOIT kon verstaan nie! hoekom jag maak op ‘n ma wat haar EIE kind by haar het? As sy hom goed versorg en lief is vir hom, hoekom dit wat God bymekaar gesit het, uitmekaar loop skeur? Ek kan net dink hoe verskriklik traumaties dit vir die ou seuntjie gaan wees. . .

Sarah ·

Dis juis, ons sal nie weet hoekom die wereld haar nou soek nie. Maar ons kan ook nie net aanneem dat hulle haar verkeerdelik van ontvoering aankla nie, kyk nou na die Tazne meisie wat ons die laaste ruk in die koerante was, se ontvoerder. Hy het sy eie kind ook ontvoer van die ma af en hom so erg mishandel dat die arme kind oorlede is aan sy beserings. So kom ons wag maar om te sien hoekom presies sy gesoek word voor ons aanneem sy versorg die kind goed en dis haar reg as n ma om die kind te vat.

koos10 ·

Wou ek ook mos dieselfde gedink het. My opinie is dat die man in ‘n ander land bly en dat hulle geskei is. Sy wou trek maar hy wou nie toestemming gee nie en is hy toe hof toe nadat sy “gevlug” het.
As ons polisie maar net soveel aandag aan plaaslike sake gegee het, dan was ons al baie beter af.
Maar nou ja, CR en kie het mos nodig om aan die wêreld te wys dat niks fout is in sy koningkryk nie.

Melanie ·

Glo my, as ek weet iemand wil my kind ook van my af weghou, gaan hul my ook loop soek. Die kind is by sy ma, ek glo hy is veilig.. hemel wat gaan jul daai kind nie aandoen indien jul sy mamma toesluit nie.. nee wat vrou..hoop jy kry goeie skuiling.

Maxxi ·

Ek hoop die kindjie word vinnig gekry. Daar is mamma’s wat nie die beste belang ter harte neem vir hul eie kinders nie. Ek is ‘n stiefmamma en ongelukkig sit ek aan die ander kant van die draad wat ek moet toekyk hoe ‘n biologiese mamma haar eie kind verniel. Maar as gevolg van die houding en standpunt wat mense inneem – dat NET mamma’s die beste na hulle kinders kan kyk – is daar baie mense wat my en my man onder kruisverhoor plaas as ons met sielkundiges, prokureurs of maatskaplike werkers moet praat om sekere regsstappe te volg – want ongeag of die kind goed versorg word – emotioneel en ligaamtelik – is daar mamma’s wat eerder hulle eie agenda wil oplê vir geld of mag oor ‘n ander een. ‘n Pappa is net so bevoegd soos ‘n mamma om na ‘n kind om te sien. My stiefkind is ‘n pragtige kind met goeie maniere en baie liefde binne hom – groot gemaak deur sy pappa. Dalk is daar ‘n dieper storie wat hier plaas vind wat ons dalk nooit sal van weet nie – niemand kan oordeel nie.

MJ ·

Nie alle ma’s is goeie ma’s nie… daar is ‘n paar mal mense daar buite…

Belinda ·

Sjoe ek hoop nie die eks is nou weer ‘n ryk man en wil haar, haar kind ontneem. As sy ‘n probleem het en nie behoorlik na haar kind kyk nie, moet sy liewer die seuntjie laat gaan. Ek dink egter omdat sy so sterk voel dat sy bereid is om ‘n krimineel te wees vir haar seuntjie, is sy baie lief vir hom en weet sy dalk, sy sal hom nooit weer sien, want dit is ‘n Internasionale saak.

MUIS ·

My liefste ma was toegesluit toe ons maar 3jaar oud was…Hoekom?
sy het my en my broer gevat en gevlug omdat hy ons so vreeslik mishandel het, die polisie wou niks gehelp nie. net omdat hy(my pa) n werk gehad het en my ma by ouma en oupa gebly het, het hy toesig gehad. Nee kyk, die regeering dink nie aan die kinders nie. vandag kan ek dankie se vir my mamma dat sy so hard vir ons baklei het, vandag is ek die vrou en ma wat ek is, danksy haar.

Benn ·

Ek twyfel sterk of ‘n Ma haar eie kind sal vat en vlug indien sy nie baie goeie rede het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.