Polisie soek maande later steeds man se moordenaars

Argieffoto: Die Vaalrivier

Die Vrystaatse polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om met inligting na vore te kom om ʼn man te identifiseer wie se liggaam deur ʼn visserman van Bothaville in die Vaalrivier gevind is.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die visserman het op 4 Desember omstreeks 10:30 die man se liggaam in die rivier sien dryf en die Bothaville-polisie ontbied.

“Die polisie se duikeenheid het die man se liggaam naby die Bothaville-buiteklub uit die water gehaal. Albei sy hande was met ʼn stuk draad vasgebind. Daar was ook ʼn sak met ʼn groot steen met ʼn draad om sy nek vasgebind,” het Thakeng gesê.

Volgens Thakeng het die man ʼn geel T-hemp en slegs onderklere aangehad.

“Die man se identiteit is nog onbekend en ons weet nie wie sy naasbestaandes is nie. ʼn Saak van moord word ondersoek en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

Thakeng het ʼn beroep op die publiek gedoen om speurder Ben Sepato by 056 514 9438 of 073 833 6069 te kontak as hulle ʼn geliefde vermis, of inligting oor die man se moord het.

Die oorsaak van die man se dood is nog onbekend. Die polisie wag steeds vir die nadoodse ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Helfde van land ·

Die helfde van die land se bevolking is manlik, ons het meer demografiese inligting nodig om te help identifiseer.

SjN ·

Die oorsaak is hy is in die rivier gegooi om te verdrink, hy hê dit nie vrywillig gedoen nie.

Vra maar net ·

Hy het sekerlik nie sy eie hande vasgebind en ‘n sak en tou om sy nek gesit en vir swem lesse gegaan nie

Diklizzy ·

Hy is aan begin van Des gevind maar uitslag van nadoodse ondersoek is nig nie bekend nie. Hoe lank moet dit dan vat?

Colleen ·

Miljoene mense sit sonder werk, maar daar is so ‘n groot agterstand as dit kom by forensiese toetse en ondersoeke. Ek is seker daarvan daar is ‘n paar duisend wat genoeg breins het wat opgelei kan word om te help met ondersoeke en DNS toetse.

Marinda ·

Goeie genade, die man se liggaam is vroeg in Desember gevind en dis al April en nog steeds geen nadoodse ondersoek nie. Regtig????

Piet ·

As julle die man se naasbestaandes soek sal dit help as julle n beskrywing van die man bekend maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.