Polisie soek na bende wat by bakkery toeslaan

(Argieffoto: Marcus Trapp/pixabay)

ʼn Bende rowers het met kontant, vuurwapens en ʼn voertuig gevlug nadat hulle Donderdagaand laat by ʼn bakkery in Bosbokrand toegeslaan het.

Veiligheidswagte was op patrollie by die Sunbake-bakkery toe ʼn groep van agt gewapende rowers ingestorm en die wagte – in hul bakkie by die hek na die perseel – oorrompel het. Die wagte was op pad na Mbombela.

“Die verdagtes het die wagte met wapens aangehou, van hul dienswapens beroof en hulle beveel om die hek oop te maak,” sê brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder in Mpumalanga.

Die veiligheidswagte is na bewering in ʼn kantoor toegesluit, terwyl die boewe glo die kantoor waar die kontant gehou word, oopgebreek en springstof gebruik het om ʼn kluis oop te skiet. Hulle het ʼn bedrag geld gebuit, die wagte van hul Toyota-bakkie beroof en in die rigting van Hazyview gevlug.

Mohlala sê hulle het die polisie ontbied en ʼn saak van sakeroof word ondersoek. Die rowers is egter nog soek.

Lt.genl. Semakaleng Manamela, polisiehoof in Mpumalanga, het die voorval ten sterkste veroordeel en sê die verdagtes moet aangekeer en die vuurwapens teruggevind word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Andre

Ons mense

Diline

Kriminele het die land “gekaap” punt! Haat hierdie land waarvoor ek eens so lief was. Sodom en Gamora

Kokerboom

G’n wonder CR is bang vir “our people”!

Shakespeare

Verseker nie “my mense” nie. Moet Mal-emma se kreature wees wat hy invoer.

Anton

Ek hoor dat hulle iets om te eet broodnodig gehad het