Polisie soek na verdagtes in ‘massa-skietery’

Argieffoto (Foto: glukan/Pixabay)

Die polisie het met ʼn grootskaalse soektog begin na ʼn skietvoorval in Gqeberha (Port Elizabeth) wat die lewens van vier mense geëis het.

Volgens brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het twee gewapende mans Woensdag omstreeks 21:00 ʼn groep vermoedelik haweloses in ’n verlate gebou in Clydestraat in die middestad van Gqeberha genader.

“Die verdagtes het na bewering na ’n onbekende persoon in die gebou gesoek, maar kon dié nie opspoor nie. Hulle het daarna op die groep mense losgebrand,” bevestig Naidoo.

“Vier persone, onder wie ʼn vrou en drie mans, het op die toneel aan hul wonde beswyk. Nog vyf mense, ʼn vrou en vier mans, is ernstig gewond. Hulle is per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal gejaag vir verdere mediese behandeling.”

Die identiteit van die slagoffers is in hierdie stadium nog onbekend.

Die polisie het ʼn 72‑uur-aktiveringsplan in werking gestel om die verdagtes op te spoor.

“Die omstandighede van die skietery word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Genl. John Sitole, die nasionale polisiekommissaris, het die skietery as lafhartigheid afgemaak en gesê die verdagtes het die mense se lewens geminag.

Sitole het die ondersoekspan versoek om die oortreders so vinnig moontlik op te spoor.

Enigiemand met meer inligting wat tot die verdagtes se inhegtenisneming kan lei, kan A.O. Johan Raubenheimer by 074 430 6048 kontak of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Marius ·

Dit is baie hartseer. Sterkte aan almal betrokke in die voorval. Ek wil net weet wat help die 72 uur plan as die saak in die hof sloer vir jare ? Die volk het al vergeet van die voorval dan gebeur daar eers daadwerklik iets .

JM ·

Dit het mode geword om mense net lukraak dood te skiet. Siek!!

Casper ·

Dit is waarvan die kiesers praat.Ramaphosa dank die hoedman nou af en stel iemand aan wat hard en ferm teenoor misdadigers kan optreë.Hoedman het nou alreeds bewys ywer en pligsgetrouheid ontbreek op sy CV.

Dup ·

Port Elizabeth se sogenaamde middestad is n absolute misdadiger en dwelm hoofkwartier.Net soos vele ander areas regoor SA.

Harley Davidson ·

Ek kan nooit verstaan hoekom daar nooit n beter beskrywing gegee word vir die verdagtes nie ,los die gedeelte uit want dit is n mors van tyd,die VSA gee goeie beskrywing soos bv 2 Mexikane een met ‘n litteken bo sy regter oog geklee in swart sweetpakbroek altwee omtrent 80kg en lengte 6″2

Shakespeare ·

Die Oos-Kaap is by die 70% ANC stemvee. Mekka van misdadigers. Wat het ons anders verwag ? Hulle provinsie is opgeneuk en nou stroom hulle Wes Kaap toe om dit ook op te neuk. Sprinkaan plaag op sy beste !!

Jack ·

Het hy iets gese oor die plaasaanval en poging tot moord. Nee

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.