Polisie soek na vermiste 16-jarige

Caylee Albrecht. Foto: Verskaf

Die Wonderboompoort-polisie in die noorde van Pretoria ondersoek ʼn vermiste persoon-saak na die 16-jarige Caylee Albrecht as vermis aangemeld is.

Konst. Mandlakayise Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê Caylee is op 9 Augustus by die Wonderboompoort-polisiestasie in Mayville as vermis aangemeld.

Volgens Caylee se ouma het sy haar die aand van 24 Julie die laaste keer gesien. “Die ouma het aangedui dat sy eers later die saak aanhangig gemaak het aangesien sy gedink het Caylee het by haar kêrel gaan kuier soos wat sy al voorheen gedoen het.”

Zwane het gesê die ouma het egter begin bekommerd raak toe haar kleindogter na soveel dae nie teruggekeer het huis toe nie.

Die polisie het met Caylee se kêrel in aanraking gekom en hy het aangedui dat hy glad nie weet waar sy is nie en haar ook nie onlangs gesien het nie.

“Die Wonderboompoort-polisie volg alle leidrade op om Caylee te probeer vind en versoek gemeenskapslede om ons by te staan indien hulle enige inligting het.”

Enigiemand met inligting word versoek om die polisiestasie by 012 335 2812 of ao. Ronel Bronkhorst by 082 807 4088 te kontak.

Inligting kan ook anoniem aan Stop Misdaad by 08600 10111 verskaf word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

C ·

As my kind vir 1 aand uitslaap maak ek nog dieselfde aand seker dat my kind wel daar is. Na soveel dae en dan eers as vermis aanmeld? Hoop sy word veilig en ongedeerd gevind.

Lizelda ·

@ C soos baie mense reeds kommentaar gelewer het ons ken dalk nie die omstandighede vd saak nie, maar Joh…wie meld eers ENIGE mens veral n tiener na solank eers as vermis aan. Gaan sy ook nie skool dat die skool se maatskaplike werkers nie al ondersoek ingestel het of wat nie. Ons hoop maar sy word lewend gevind maar sjoe. My 19 jarige seun moet nogsteeds laat weet as hy veilig by sy kuierplek gekom het en en en.

Waldo ·

Inderdaad. En, die “boyfriend” sê/doen ook niks nie…wat het hy dan gemaak..?

Suzette ·

Kinders slaap nie uit of oor nie PUNT….daarvoor het hulle ouerhuise of dan ten minste veilige huise

Tallas ·

Ek besef ons ken nie die omstandighede nie, maar haar eers 2 weke daarna as vermis aanmeld?! Baie vreemd…

Bokram ·

Liewe vader,16 jarige meisie is al n maand weg en nie haar ouma of har kerel het haar gemis nie.

Hannes ·

Kom ek gooi ook gou n klip in die bos. Ja almal is vinnig om kometaar te gee,en te oordeel. Hier wal n paar wat se hul ken nie die omstandighede nie jip dis waar. Kom ek gee jul bietjie inligting vir die wat so oordeel.
1 Die is n stoorie wat al lank aan die gang is wat jul hier lees is net nie punt van die ysberg
2 Dis nie die eerste keer wat dit gebeur nie
3 Die ouers het als in hul hul vermoee gedoen na die 1ste keer, drs hospitaale en wat jy ook aan kan dink
4 Sy is n baie goeie manupuleerder en se vir almal wat hul wil hoor
5 90% van wat sy se is nie waar nie
6 Ek weet vir n feit daar was niks fout met haar huislike omstandigheede nie
7 Wat doen jy as iemand iets besluit het haar eie leuns glo en so iets vir lank beplan en als in plek en reg kry voor daar oor gegaan is na aksie
So vir julle wat so vinnig oordeel en ja so maak en hoekom so en waarom nie so nie gaan loop in dai ouers en familie se skoene,dra hul eerder op in jul gebede as om te oordeel.

Se maar net ·

ek hoop sy word veilig gevind!!!!! ek sal van my kop af raak as my kind net EEN aand nie by die huis slaap of ek weet waar nie waar sy is nie ja paranoies miskien ek gee nie om nie ek wil WEET waar my kind is, saam wie en by wie, klaar. Ons leef nie meer in adam en eva se tyd nie mensdom is siek. Sterkte aan almal wat help soek ek bid saam julle vir haar veiligheid.

kolla ·

Die mensdom is al siek van Adam en Eva se dae af. Glad nie lank gevat om te begin lieg en te vermoor nie.

Christell ·

Dis hartseer dat n dogter amper 16 dae weg is voor mens begin bekommerd raak, maar dan weer, dit lyk my dit het gereeld gebeur. Wat word van ONS mense?

Annelize ·

Ek bedoel nie om lelik te klink nie Christelle, maar die sogenaamde “ONS” mense, is net so verval en agterlosig soos ander mense, daar is absoluut niks spesiaal aan “ONS” mense nie. Kom sien wat ek al gesien het, en beleef wat ek al beleef het, en jy sal my kommentaar dalk beter verstaan. Ek is baie jammer, maar daar is van “ONS’ mense wat ek nie eers mee geassosieer wil word nie.

Annelize ·

Nie om snaaks te wees nie Christelle, kom sien wat ek al gesien het, en beleef wat ek al beleef het met ONS mense, dan sal jy verstaan as ek jou vandag se, dat meeste van ONS mense maar net so verval, agterlosig en slap is. Die sogenaamde ONS mense is net ‘n skim.

Annelize ·

Sjoe! Wat het hier gebeur? Askies, sien my twee verskillende kommetare is albei opgesit. Die Gremlins is doenig hier by my, want die eerste kommentaar het ek uitgevee?

anon ·

n OUma het nie regtig beheer dink ek nie klink my die dogtertjie soek aandag en “raak weg” as Ouma raas of iets prober straf of wat ook al dan loop sy net weg…..
Ek het baie simpatie met die Ouma weet nie hoe oud sy is nie maar as jy jou kids klaar groot gemaak het en nou jou kleinkids ook mee moet sukkel is dit nie maklik nie, maar die ouers seker maar besig met hulle eie “dinge”
Baie hartseer wens hulle kry haar en help haar om die regte pad te loop sy gooi haar lewe weg en besef dit nie, soek verkeerde manier op negatiewe wyse aandag…

Jaco ·

Dalk is ek net anders groot gemaak maar solank my kind onder my dak slaap ongeag die ouderdom wil ek weet as jy nie die aand by die huis gaan wees nie anders gaan ek jou dadelik begin soek. Met alles wat daarbuite gebeur vat mens nie kanse.

1 oproep na die kerel en die soektog kon al lankal begin het.

Hoop hulle kry haar spoedig

Oujongvrou ·

Ek is meer verstom dat sy by haar kerel mag gaan kuier en slaap, op 16 jarige ouderdom. Gee enigiemand om vir die kind,??? Want dis wat sy nog is en niemand mis haar nie. My hele wese huil as ek hoor wat in die wereld aangaan met ons kinders.

Elsie ·

Ruik n rot…wat se vriend is dit dat hy nie die 2dag al begin wonder hoekom sy hom nie bel of kom kuier bie

Kokkie ·

Ek stem saam met jou, Sam. Alles is nie pluis daar by die kêrel nie. Ek vrees die saak kan baie hartseer eindig.

anon ·

ai Cay, ek hoop jy is ok – miskien, net miskien lees iemand wat weet jy hierdie raak en kan jou familie ten minste laat weet jy is ok :( As iemand wat hierdie mooie meisie persoonlik ken, sy het soveel seer al in haar lewe gehad, ek hoop net sy is veilig

Big Joe ·

Die verdwyning van meisies/vroue in ons land raak nou belaglik. Dit is asof hulle gejag word as trofees. Ek hoop regtig die sal n positiewe wending he. Ons vrounes en dogters is so kosbaar en ons sal baie baie meer aandag moet gee aan hulle en hul met alles in ons vermoe moet oppas. Hulle is fragile. Ons bid dat Liewe Jesus haar veilig by haar geliefdes sal uitbring.

AE ·

Daar steek meer agter die kerel. Gee hy dan so min om vir haar dat hy nie eers weet sy is weg nie, of meld dit aan by die familie. Jongmense praat tog elke dag op die selfone.

thelsa ·

Ek vermoed die SAPS moet maar weer terugkeer na Caylee se kêrel toe. Hy weet dalk meer as wat berig word. As dit regtig haar kêrel is waarnatoe sy gereeld gegaan het om te kuier, sal kommunikasie meer gereeld wees as net 2 weke uitmekaar.

Rusie ·

Mense ek is jammer om almal se bubbelQiis Te bars maar gee die arme ou the benefit of the doubt toe?!!! Julle se nou Hy weet meer se nou dit is ni ek so ni Dan gaan julle almal Moet verskooning vra

Ek sal eers oordeel wanner die waarheid uit kom van wat eintlik aan gegaan het

Swanna ·

Mooi kind aai AE ek voel dieselfde en ouma jy is vas aan die wakker. sies man!!!!

Liz ·

Ek is ‘n enkel ma – dood gewone middelklas gesin. My seun is verantwoordelik en hou by die reëls my dogter breek die reëls, weier om soms skool toe te gaan, verdwyn gereeld vir dae…. ek sou ook in die verlede geoordeel het.

Netta ·

Kry dan asseblief hulp vir die situasie? Daar is gratis hulp beskikbaar.

Dorie ·

Dit is maklik om opdi kantlyn te staan, en te skree, en te veroordeel, want ons sien net die een kant vandi storie, die ander kant is dalk heelwat anders as wat almal glo, en oor bespiegel. Hoop hierdie kind is veilig,.

Magda ·

16 dae later as vermis aangemeld – NEE Ouma – iets is hier nie reg nie.

Jessica ·

Nee ek ruik iets, hoekom sal die ouma regtig so lank wag, en hoekom haar nie gebel nie, of om so tese ek sal na die 2de dag as sy nie terug is vermis aanmeld nie ‘n maand later nie, en vir die kerel ek dink hy weet waar sy is, ek sien ‘n rookie trek, vra hom meer vra.

Annelize ·

Presies, is sy dan nie meer op skool nie? Of is sy nou al vir 2 weke ook nie meer op skool nie, en net niemand het die moeite gedoen gedoen nie?

Jessica ·

Mens weet nooi dalk het die ouma iets hier mee te doene, en nou wil sy haarself probeer cover, of sy en die kerel is in een sak met die verdwyning.

PIJ ·

Gaan kuier by kerel soos al voorheen gedoen het. 16 Jarige dogter. Wat mis ek

Elmarie ·

Asseblief almal wat ouma nou so oordeel.
Julle ken gladnie die omstandighede nie.
Jul lees dan nou dat sy dit voorheen ook al gedoen het.
Lees ook Liz se kommentaar.
Baie tieners deesdae rebelleer teen alles en almal. Dis bykans onmoontlik vir n ouma om so kind op hok te hou, veral as daar emosionele probleme ook is. Ma hart bloei vir hierdie Ouma, kan julle net dink waardeur sy gaan.
Sterkte Ouma, ons bid vir jou seer hart, en dat jou kleindogter ongedeerd gevind word.
En jong mense, skrik wakker asseblief en besef julle keuses het verrykende gevolge, wat groot hartseer vir die mense om julle veroorsaak.

Sann ·

Elmarie, dis baie hartseer, maar jy is reg. Alles aan hierdie omstandighede grein in teen dit wat nog altyd goed en heilsaam was. Daar moes ‘n pa en ma gewees het (nie ‘n ouma) wat moes bekommer en beskerm, maar die lewe is deesdae net een hartseer,gebroke plek.

Elmarie ·

Asseblief almal wat ouma nou so oordeel.
Julle ken gladnie die omstandighede nie.
Jul lees dan nou dat sy dit voorheen ook al gedoen het.
Lees ook Liz se kommentaar.
Baie tieners deesdae rebelleer teen alles en almal. Dis bykans onmoontlik vir n ouma om so kind op hok te hou, veral as daar emosionele probleme ook is. My hart bloei vir hierdie Ouma, kan julle net dink waardeur sy gaan.
Sterkte Ouma, ons bid vir jou seer hart, en dat jou kleindogter ongedeerd gevind word.
Jong mense moet besef hulle keuses het verrykende gevolge, wat groot hartseer vir die mense om hulle veroorsaak. Ek hoop die meisie word spoedig en veilig gevind.

Lizelda ·

@ Elmarie ek verstaan wat jy se en dat jy dalk so ontsteld is oor almal vuur spoeg oor die ouma. Die punt is al het die kind dit al voorheen gedoen beteken dit nie dat n ouer, ouma/oupa, kerel, onderwysers bd skool, vriende nou moet minder omgee en eers 2 weke lank wag voor hulle haar dan as vermis aanmeld nie. Die eerste 48 uur om iemand op te spoor is van kardinale belang. As n mens 2 weke wag is sy dalk al vir 2 weke in n vreemde land aangehou vir prostitusie of haar organe verkoop soos die kommer oor die 2 onderwysers wat in Vietnam weggeraak het. Daarom wonder ons hoekom so lank wag?

Alida ·

Die kinders van vandag is rebels en soek soms aandag. Lees die ouma nie koerante of kyk nuus nie. Jy bel dieselfde aand nog die kerel en hoor of sy by hom is. Indien nie maak n flippen plan en begin soek. Genade 2 weke!!!!

SoosDitIs ·

Sjoe, almal is so vinnig om die ouma te wil stenig.

Sy het haar redes vir hoekom sy so lank gevat het. As n tiener in vandag se tyd, moet mens maar altyd eers twee keer dink voor mens histeries raak, hulle het immers meer regte as ons volwassens. Dit maak haar nie n slegte mens nie. Sy wou sekerlik nie die polisie onnodig rondjaag en dan is die meisiekind by iemand wat sy ken nie.

Hoop sy word ongedeerd gevind! Sterkte aan die familie.

Annelize ·

Nee SoosDitIs, dis nou NET daar waar jy die pot missit, dis omrede vandag se kindertjies wysgemaak word dat hulle meer regte het as die volwassenes dat dit gaan soos dit gaan. En party ouers laat hulle die “reeling” welgeval, want dan is hulle mos onthef van alle verantwoordelikheid en pligte.

Vir elke reg wat ‘n kind het, het hy ‘n verantwoordelikheid ook, en ek wens die kinders wil dit ook geleer word. My twee weet, regte en verantwoordelikhede loop saam. Versuim hulle hulle verantwoordelikhede, val die regte outomaties weg.

Alida du Preez ·

Op 16 behoort jy in die skool te wees en nie by ‘n kerel nie!!!

ano2 ·

As kinders nie gekry wil word nie, maak hulle BAIE plannetjies. Ons het 2 weke gesoek na ‘n 24 jarige om haar te laat weet haar ma is oorlede. Ons moes haar uiteindelik as vermis aangee net om haar te kon opspoor. Mens kan net hoop die kind is ok. As dit vantevore ook al gebeur het, neem ek die ouma glad nie kwalik nie.

kolla ·

Waarskynlik weggeloop. Word van ouma gepraat so ouers is seker lankal nie meer in prentjie nie, het ook seker vantevore al pad gevat dis die dat ouma maar rukkie lank die kat eers uit die boom gekyk het.

Annelize ·

16jaar en sy kan kom en gaan soos wil? Nee, nee, nee, ek is baie jammer, nie in vandag se lewe nie. En die Ouma doen NOU eers iets?

liefie ·

Ek sien op internet dat sy gedurende Januarie hierdie jaar ook vermis was. Sy blyk ‘n problematiese lewe te voer en dié om haar ook.

Marinda ·

Ai tog, sterkte. Hoop julle kry haar. Klink of sy hulp nodig het.

SF ·

Bykans 20 jaar gelede (toe my kinders tieners was) al was die reël in my huis duidelik. As ek teen 3u die oggend niks van jou hoor nie, bel ek die polisie. Klaar. Ek sidder vir die arme kind se toekoms….

Lana ·

Vir my lyk hierdie hartseer storie na die somtotaal van moeilike omstandighede plus foutiewe optrede deur almal wat hierby betrokke is.
Was sy nog skoolgaande? Indien wel – is dit moontlik dat ‘n kind so lank afwesig kan wees sonder dat die skool self alarm maak?
Ek kan regtig nie net een skuldige hier vind nie.
Ek hoop en bid dat hierdie meisie lewend gevind word!

Louis ·

Eks darm maar bitter bly as my meisie of ouma of vriende NIKS van my hoor of sien in twee weke, dat hul onraad gaan vermoed. Iets is hier in die gras, begin by die BF.

Karl ·

As ek niks hoor van my meisie vir twee weke nie, gaan ek iets begin dink..Iets is fout

Alida ·

Te veel ouers dump ook hul kinders by die oumas. Dit is nie haar kind nie maar moet nou verantwoording doen. Mens weet ook nie wat die omstandighede is nie. Die waarheid sal wel uitkom.

Netta ·

Kry dan asseblief hulp vir die situasie? Daar is gratis hulp beskikbaar.

Marietjie Stander ·

Ek het ook by my Ouma hulle groot geword, moes 5 uur in die huis wees. Geen dogter is na donker op straat nie. En daai reëls was nie onderhandel baar nie. Daai dae was daar nie n TV of rekenaar in ons huis nie. Jy moes jou self besig hou.

Dorie ·

Dit is maklik om opdi kantlyn te staan, en te skree, en te veroordeel, want ons sien net die een kant vandi storie, die ander kant is dalk heelwat anders as wat almal glo, en oor bespiegel. Hoop hierdie kind is veilig,.

Rika ·

My kinders het geweet as die son begin sak moet jy by die huis wees. As hulle gaan uitslaap het dan wil ek alles weet adres tel nom en het hulle altyd gese as daar enige probleme is bel my dadelik al is dit watter tyd van die nag.

Els ·

Sjoe nou word haar hele familie as sleg uit gemaak. Hoeveel meer kon ons doen. As sy nie haar si kry nie het sy in opstand gekom. Sy het a 5 keer van te vore weg geloop en ja ons hey haar laat inboek vir hulp. Toe wil sy nie meer by haar ouerhuis bly nie toe se sielkundiges en al die hulp wat sy gehaad het gaan bly by ouma. Sy het n fantasiese vakansie werkie saam haar pa gehaad en toe word el gebel en gese sy is weer weg. Gewoonlik het ons n saak gaan maak nog die selfde dag en dan so die 2de of 3de dag kom sy huis toe dan moet ons weer saak toe maak. Dit het rerig al gelyk of ons die kluts kewyt raak. SO MOET ONS NIE ASB SLEG MAAK NIE. JUL WEET NIE WAARDEUR ONS GAAN NIE.

Zettie ·

Sy is 16 en word toegelaat om saam die kêrel oor te bly??????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.