Polisie soek oorledene se naasbestaandes

Die oorledene wie se naasbestaandes gesoek word. Foto: Verskaf

Die polisie is op soek na die naasbestaandes van ʼn middeljarige man wie se liggaam onlangs langs ʼn rivier in Pretoria gevind is.

Konst. Mandlakayise Zwane, woordervoerder van die Wonderboompoort-polisie in die stad se Moot-gebied, het Donderdag aan Maroela Media gesê die man se liggaam is op 4 Julie omstreeks 11:40 langs die Apiesrivier in Capital Park aangetref.

“Die man het nie enige sigbare wonde of beserings opgedoen nie. ʼn Geregtelike doodsondersoek is gedoen aangesien geen vuilspel vermoed is nie. Die man was ʼn hawelose wat in die gebied in die veld geslaap het en het ʼn groen baadjie en rooi broek aangehad toe hy gevind is,” het Zwane gesê.

Zwane het gesê die uitslag van die nadoodse ondersoek is verkry en toon aan dat die man aan natuurlike oorsake dood is. Hy was tussen 45 en 50 jaar oud.

Die polisie het ʼn foto van die man uitgereik en is nou op soek na enige inligting wat kan help om die man se naasbestaandes op te spoor. Volgens wetlike aspekte mag die man se naam nog nie bekend gemaak word nie. Mense wat weet wie die man se naasbestaandes is, word versoek om sers. Cari Putter by 012 335 2818 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gogga ·

Ag!!! so vreeslik hartseer en jammer my hart gaan uit na die mooi man en soveel hawelose mense wat in sulke omstandighede moet lewe en familie nie bewus daarvan is nie. ‘n mens weet nie altyd omstandighede nie seker sy werk verloor en was genoodsaak om so ‘n bestaan te voer en nie meer kontak met familie nie. Hoop en bid regtig sy familie word opgespoor en dat hy ook in vrede kan rus. Kon net sowel my seun gewees het wat ek 5 jaar terug verloor het op 42 en die kans gehad het om hom te groet. Baie sterkte aan die familie en vriende as hulle opgespoor kan word. RIV in Jesus arms waar geen swaar meer is nie. Baie hartseer storie het trane in my oe gekry toe ek die berig lees en hoe alleen moes hy nie gewees het nie.

Mike Kaapstad ·

Altyd jammerte vir wat ! doen julle ooit enigeiets vir haweloses, hulle wys sy gesig maar mag nie sy naam se nie………..

Linette ·

Ai, Mike Kaapstad – jy sit die pot sommer onderstebo, só sit jy dit mis! Hulle WEET NIE WIE DIE MAN is nie, daarom kan hulle nie sê wie hy is nie. Al wat hulle weet is dat hy haweloos was en in die omgewing waar hy gevind is, gebly het.

Die wet(te) ·

Die wet(te) van die land laat my soms lag. Hierdie is eerder ‘n vasvrawedstryd as iets anders. Waarom kan daar nie meer inligting gegee word in hierdie gevalle?

Linette ·

@Die wet(te) – wat moet die polisie weergee, as hulle niks HET om weer te gee nie?

Wet(te) ·

Linette, lees die laaste par. se tweede laaste sin en daar staan duidelik dat die wet verhoed dat hulle nie sy naam mag noem voordat sy naasbestaande(es) EERSTE in kennis gestel is. Waar sou jy reken is sy foto vandaan gekry? Heel moontlik het hy sy ID-boekie by hom gehad. Ek dink jy sit die pot toetentaal mis jong!!

jessica ·

Very sad, and it took then a month to look for his family, why only after so long, how can no one know who he is, someone out there should recognize him, hope they find his family so they can bury him and put him to rest, and hope they not buried him as a no name.

Zelda ·

Mense mense, hulle het definitief nie sy ID boekie nie want hulle sê duidelik in die berig hy is tussen 45 en 50, as hulle sy ID gehad het sou hulle presies kon sê
hoe oud hy is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.