Polisie ‘soek oral’ na vermiste visserman

Jacques Schamrel (Foto: Facebook)

Die soektog na Jacques Schamrel (39), die vermiste visserman wat vermoedelik verlede week by Sondagsriviermond in die Oos-Kaap verdrink het, duur voort.

Kapt. Andre Beetge, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê dat die Kinkelbos-polisie steeds na Schamrel soek. Hy het op 31 Mei verdwyn.

Die polisie fynkam die gebied rondom die Sondagsrivier sedert Schamrel se verdwyning. “Ons soek kuslangs, rivierlangs en duinlangs. Ons soek oral na die man,” het Beetge gesê.

Volgens Beetge het die springgety en onlangse slegte weer die soektog effens gekniehalter, maar hy het bevestig dat die weer verbeter het en dat die ondersoek Maandag voortgesit is.

In dié stadium word die saak steeds as ʼn vermiste persoon- saak ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig Schamrel het verdwyn terwyl hy en ’n vriend visgevang het. Die vriend het op hul bootjie op die Sondagsriviermond aan die slaap geraak. Toe hy wakker word, was Schamrel skoonveld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Leser ·

Ek stem saam met jou. Ek hoop hier is nie ‘n “sappige uiteinde” waarvoor sommiges voor wag nie. Sterkte aan almal betrokke.

Lynne ·

Pragtige man met pragtige oë! Ter wille van sy naasbestaandes hoop ek hy word gou gevind!

Hoe dan nou? ·

Lees ek reg? Laaste paragraaf verwys.
Die vriend het op hul bootjie aan die slaap geraak en toe hy wakker word,was sy vriend skoonveld?

kas ·

Hoe dan nou,niks maak vir my sin nie.Dit was nie ‘n bootjie nie maar ‘n boot.Hoe kon hy net so verdwyn het.Sy vriend het geslaap.Hoe weet hulle hy het vermoedelik verdrink.Die enigste een wat dit kan bevestig is sy vriend en hy het geslaap.Is die student wat in die Kaap verdwyn het gevind.

kas ·

Ja Koos, die skoner geslag sien die uiterlike raak en vergeet van die storie waaroor dit gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.