Die polisie in Port Elizabeth in die Oos-Kaap het Dinsdag die gemeenskap se hulp versoek om ʼn man op te spoor wat drie mense in New Brighton doodgeskiet het.
Vier ander mense is kritiek beseer in die voorval.
ʼn Man het Maandagaand omstreeks 19:30 ʼn kroeg in Nibestraat betree en lukraak begin skiet.
“Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie,” het lt.genl. Celiwe Binta, provinsiale polisiekommissaris, in ʼn verklaring gesê. “Die identiteit van die skieter is ook nog nie bekend aan die polisie nie.”
ʼn Taakspan is saamgestel om die skietery te ondersoek. -SAPA
Motief = Dronk ??