Polisie soek verdagte wat skoolhoof vermoor

Khulekani Nkosi (Foto: Verskaf)

Die polisie in Mpumalanga is op die spoor van ʼn 41-jarige verdagte wat glo verbind word met die moord op ʼn skoolhoof digby Hazyview in Mpumalanga twee jaar gelede. Die verdagte het glo saam met die oorledene in ʼn huis gebly en het die polisie reeds verskeie kere ontglip.

Johannes Makau Makgoba, die destydse skoolhoof van Mkhuhlu High School in die Mkhuhlu-nedersetting in Mpumalanga, is op 18 Februarie 2018 as vermis aangemeld. Sy liggaam is twee dae later deur ʼn veewagter in ʼn bos by Hazyview gevind. Sy liggaam was glo verkool.

Die veewagter het dadelik die polisie na die toneel ontbied. Makgoba se familie is ook van die liggaam in kennis gestel. ʼn DNS-toets het bevestig dat die liggaam Makgoba sʼn is.

Volgens die kantoor van Mpumalanga se provinsiale polisiekommissaris het die polisie inligting ontvang wat Khulekani Nkosi en sy vriend, Evans Malele, met Makgoba se dood verbind.

Nkosi het glo saam met Makgoba in ʼn huurhuis gebly. Die polisie het met hul aankoms by dié huis vasgestel dat Nkosi klaarblyklik reeds na Limpopo gevlug het.

Die ondersoekbeamptes het deur die loop van die ondersoek inligting bekom dat Nkosi in KwaZulu-Natal is, van waar hy oorspronklik afkomstig is.

Nkosi is glo saam met Malele in die oorlede Makgoba se voertuig in KwaZulu-Natal gesien.

Die polisie in die provinsie het die voertuig gewaar en agternagesit. Die twee verdagtes het die voertuig gestop, te voet gevlug en kon daarin slaag om weg te kom.

Inligting het later aan die lig gebring dat Nkosi en Malele weer na Gauteng gevlug het. Hulle sou glo van daar af terug na Mpumalanga reis.

Die polisie in Gauteng het die twee in die Springs-omgewing gewaar en hulle genader, maar Nkosi het wéér ontsnap.

Malele is egter in hegtenis geneem en in Julie tot 20 jaar tronkstraf deur die rondgaande hof in Mbombela (Nelspruit) gevonnis.

Lt.genl. Mondli Zuma, die provinsiale kommissaris van die polisie in Mpumalanga, versoek die gemeenskap om inligting aan die polisie te verskaf wat tot Nkosi se inhegtenisneming kan lei.

“Ons sal Nkosi meedoënloos jag totdat ons hom kry en seker maak dat hy voor die gereg gebring word. Die gemeenskap moet ons ook help,” het Zuma gesê.

Enigiemand met inligting wat tot Nkosi se inhegtenisneming kan lei, kan sers. Shane Chuma by 082 936 0179 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Magda ·

Hoekom is daar nie OPTOGE oor die Moord nie – SWART – SWART???????????????????????????????? Al die lande oorsee wat so n ophef maak oor Floyd se moord – Hier is OOK N SWART MAN WAT VERMOOR IS DEUR N SWART MAN – OPTOGE ASB – OPTOGE ASB!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

katerinadiekat ·

Want soos die wereld werk is so: Swart op Swart Moord, Swart op Wit Moord, Wit op Wit Moord: ” Oh well these things happen, unfortunately murders will always happen. Sad, but there you have it. ”
Maar Wit op Swart moord het die wereld aan die brand. The whole world is furious, outraged and horrified.

marius ·

Waarom is die strate nie vol betogers en word goed nie gebrand nie ?

Scalla ·

Hoekom word nie alle moordenaars meedoenloos gejag nie of is daar dalk dubbele standaarde.

Retha ·

Baie goeie vraag, maar antwoord duidelik. As dit wit onderwyser gewees het sou dit beswaarlik die media gehaal het. Ons sou dit hier op Maroela gelees het maar niks verder as, saak word ondersoek om net weer dood te loop

Michael 1 ·

Die voorliefde om iemand te martel of dood te maak deur sekere mense verstom my is dit in die gene of n tekort aan opvoeding want ek sal nooit so kan wees nie.

Scalla ·

Hy ontsnap sonder n masker, hoe gaan hul hom nou kry met n masker.

Kobus2 ·

Ek sien nie die masker as die hoof oorsaak waarom die “misdadiger” nie gevang/vasgetrek kan word nie. Het enige iemand al ooit opgelet hoe skraal en fiks 99% van alle misdadigers is? Vergelyk dit nou met die “SAPD”. 100% van hulle het ‘n agterent dikker as ‘n polisieperd! ‘n 5-jarige sal hulle ore aansit … en ek is damn seker op mý ouderdom draf ek hom flou! Nee wat, bid eerder vir beskerming van Bo.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.