Polisie soek vier ná hul vulstasie beroof, een doodskiet

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in Mmabatho in Noordwes is op soek na vier mans wat Dinsdagoggend vroeg ʼn vulstasie beroof en ʼn man doodgeskiet het.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het omstreeks 04:30 plaasgevind.

Volgens Funani het vier gewapende verdagtes die winkel by die vulstasie ingestorm en op selfone en kontant aangedring. Hulle het ook plofmiddels gebruik om die kluis op te blaas en ʼn onbekende bedrag geld uit die winkel gesteel.

“Net voordat hulle die winkel verlaat het, het die verdagtes ʼn 34-jarige man, vermoedelik ʼn werknemer by die vulstasie, doodgeskiet,” sê sy.

Funani sê die verdagtes het in ʼn motor gevlug wat later deur polisielede, wat patrollie in die omgewing gedoen het, raakgesien is.

“Toe die verdagtes besef dat die polisie op hulle spoor is, het hulle te voet gevlug,” sê sy.

Die polisie het beslag gelê op die motor en die gesteelde kontant. Volgens Funani dui ʼn voorlopige ondersoek daarop dat die motor in Augustus vanjaar naby Brits gesteel is.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Coenie ·

En niemand sal ook in hegtenis geneem word nie met sulke swak beskrywings van die verdagtes nie.

Gerrit ·

Stem saam gee beter beskrywing dan kan die publiek ten minste help om die booswigte te identifiseer.

Daan ·

Coenie ek stem saam ek het gister 4 indiërs in n wit bmw in Rustenburg gesien wat baie verdag gelyk het maar omrede die beskrywings so vaag is wie sal nou weet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.