Polisie soek vrou oor babalykie in rioolwerke

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Babalykie is in ʼn munisipale rioolpompstasie in Virginia in die Vrystaat gevind.

Ao. Malebo Khosana, woordvoerder van die polisie, het gesê die lykie is op 3 September deur werkers van die Matjhabeng-munisipaliteit gevind terwyl hulle instandhouding gedoen het. Een van die werkers het ʼn swart plastieksak op die water sien dryf.

Die werker het die sak met ʼn hark uit die water gehaal waarna die babalykie met die naelstring steeds aan in die sak gevind is. Die polisie en nooddienste is ontbied en die baba is op die toneel dood verklaar.

Volgens die polisie is die bablykie moontlik in ʼn rioolkanaal van ʼn naburige dorp soos Welkom, Bronville, Meloding of selfs Ventersburg gestort. Die polisie ondersoek ʼn saak van verberging van geboorte.

Enigiemand met inligting kan die polisie kontak by 057 221 0123 of 083 551 1469.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.