Polisie soek vrou wat baba voor gebou los

Foto: Verskaf.

Die polisie in die Wes-Kaap is dringend op soek na ’n vrou wat ʼn baba voor ‘n huis vir weggooibabas gelos het.

Sers. Noloyiso Nwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou het die baba op 23 Junie voor die Ubuntu House in Goodwood gelos. Ubuntu House is ‘n nieregeringsorganisasie wat ʼn veilige hawe bied vir pasgebore babas wat deur hul ma’s opgegee word.

Nwexana het gesê die Bellville se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) het die hulp van die publiek in dié verband gevra.

“Volgens inligting ontvang is ʼn pasgebore baba van ʼn paar dae oud voor die gebou gekry,” het Rwexana gesê.

Die polisie het enigiemand met inligting oor die ma of die familie van die baba versoek om konst. Dada, die ondersoekbeampte van Belville se FCS, by 021 592 7092 of 082 522 1095 te kontak.

Die Pink Ladies-organisasie kan ook in dié verband gekontak word by 072 214 7439 of 0833784882.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Dalene ·

Ek verstaan nie waarom soek die polisie haar nie? Het sy dan nie die regte besluit geneem om haar baba voor ‘n huis vir weggooibabas te los nie?

Amelia ·

My gedagte ook. Ek dag dit is n huis van beskerming vir onwelkome babas.

Tanya ·

Tenminste is die baba nie in ‘n toilet gegooi of op ‘n ashoop gelaat nie.

Olga ·

Dalene, ek dink dis juis hoekom hulle haar soek. sy het die baba voor die huis gelos….. sy moes juis ingegaan het en nie die baba buite gelos het nie.

Wondernou ·

Olga, as mens desperaat is, en hoogs waarskynlik ongeletterd, dan dink ek nie logika of kennisgewings oortref die nood en angs nie. Maar ek dink hierdie mense moet saam met hierdie berig sagkens aan dit publiek die HOE verduidelik, asook die boodskap ten sterkste uitstuur dat sy die regte ding gedoen het. Nou lyk dit na dreigement teenoor ‘n krimineel, wat allermins hulle goeie werk gaan aanhelp (dink ek).

Kathleen ·

Sy het die eerbare ding gedoen en nie die baba in n asblik of toilet gegooi nie. Die Polisie sal maak dat mense juis nie baba’s by n plek van veiligheid los nie, met die vrees dat hulle gevind gaan word en vervolg gaan word.

Trudie ·

ek sal nou nie sê “eerbare dinge gedoen” nie (sy het haar baba weggegooi). Maar ja, beter as op ‘n ashoop of in ‘n toilet!

Wondernou ·

Ek mag verkeerd wees, maar die blote feit dat daar kameras by die hek is, asook dat hierdie mamma nou gesoek word – gaan dit nie lei tot minder vrymoedigheid om die babas daar te laat nie? Moenie my verkeerd verstaan nie, ek is baie hartseer oor die situasie, maar gesien in die lig van daaglikse oorlede babas of fetusse wat op meer nonchalante wyse sommer orals aan hulle eie genade oorgelaat word, wonder ek of hierdie soektog nie ‘n paar lewe’tjies in die toekoms gaan kos nie?

Jo ·

Ek stem saam. Hierdie gaan net veroorsaak dat vrouens te bang gaan wees om hulle kinders by m plek van veiligheid te los en meer en meer babas op haaglike plekke gelos word, sonder n regverdige kans op oorlewing. Sy het ten minste probeer om die regte ding te doen en nou word haar foto die wêreld in gestuur omdat die polisie haar soek.

Ester van Zyl ·

Die vrou het seker gemaak dat die baba veilig is deur die baba by n plek van veilige bewaring te los. Hoekom soek die polisie haar?

Ronica ·

Waarom soek julle haar en stel haar bloot aan almal?????? Dis mos duidelik die vrou het GEEN ANDER KEUSE GEHAD NIE en tenminste het sy nie haar baba doodgemaak of iewers in n bos gelaat nie . . . . dit gaan nou ander afskrik want daar word fotos geneem en in Media versprei . . . OM REG OP TE TREE BETEKEN NIE ALTYD DIS DIE REGTE BESLUIT NIE

moeks ·

Die vrou het dalk nie geweet hoe dinge werk nie. Het hul nie ‘n deur of venster waar jy die baba kan insit nie? Ten minste lyk dit of die baba aangetrek en met ‘n kombersie gelos is. Niemand kan oordeel tensy jy in daardie persoon se skoene staan nie. Ek hoop dat die uitkoms vir beide ma en baba die beste sal wees.

Tassie ·

Dalk is dit nie eers haar eie kind nie, en neem sy hom/haar na n plek van veiligheid oor sy nie na die baba kan omsien nie. Ek persoonlik dink sy het probeer die regte ding doen en nou laat dit haar soos n krimineel lyk.

gerda ·

Daar moet ‘n rede wees waarom die polisie haar soek. Dalk is sy ‘n missing person? Waarom is die pink Ladies dan ook betrokke?

karel ·

Miskien het sy veroorsaak dat iemand ‘missing” geraak het? Nie net die baba nie?

Roma ·

Ek dink hulle wil dalk net die child grant wat aan die ma uitbetaal word stop want baie registreer kinders vir die toelaag en gooi dan die kinders weg terwyl hulke steeds die toelaag opeis. Die geld kan dan eerder die fasiliteite help wat na die weggooi kinders moet omsien.

Ag nee man ·

En hierdie vrou het die verantwoordelikheid gehad om die baba daar te los en nie in ‘n asblik te gooi nie. Ek glo met die hoop om anoniem te bly. Nou wys haar gesig orals. Dan vra mense hoekom word baba’s sommer net in asblikke en op ashope gegooi. Sy is moontlik in die moeilikheid oor die swangerskap in die eerste plek, dis hoekom sy dit so doen. En nou gaan ek gestenig word deur mense wat gaan sê sy moes daaraan gedink het voor sy die daad gepleeg het om swanger te raak, maar wie weet, dalk het sy nie keuse gehad nie. Dit was sy gedoen het is nie reg nie, om die baba net so daar te los, maar weereens, liewer daar, as in ‘n asblik!!!!!!!!

Sandra ·

As ek so na almal se boodskappe kyk kom dit presies op dit neer wat ek vroeer gese het wat n onvolledige brokkie nuus, daarom maak mense nou aannames wat so onnodig is.

wonder ·

Nerens in die berig se hulle die ma van die baba nie, hulle se slegs die vrou. Al wat ek kan dink is dat hier n misdaad agter die versoek is. Ek glo nie hulle soek die vrou omdat sy die ma is nie…..

Liza ·

Hulle soek maar net die ma om wettige redes,sodat sy die kind wettiglik aan die staat kan oorhandig. In die proses moet hulle ook ‘n agtergrondgeskiedenis van die babatjie kry,byvoorbeld tov familie geskiedenis,is hy HIV positief ens ens. Hulle moet ook seker maak die ma wil en kan regtig nie na die babatjie omsien nie, want miskien wil sy eintlik haar kind hou,maar sien nie ‘n uitweg nie, vir watter rede ook al en is daar we’ll ander opsies. Miskien is dit selfs ‘n geval van nageboorte depressie,verkragting ens. Wie weet. Ek sou net sê dit moet baie duidelik aan die ma gestel te word dat hulle haar bloot soek vir formaliteite. Ek glo nie die mense gaan te hard anyway soek nie, want ten minste het sy ‘n poging aangewend om die ou babatjie nie nog ‘n weggooi statistiek te maak nie. En NEE die kind word nie weggegooi nie, maar oorgegee.Groot verskil. Ons het geen idee wat in haar kop en hart en omstandighede aangegaan het nie. Ek bid beide sterkte en veiligheid en vrede toe.

anton ·

Darm lekker om net kinders te hê en dan hulle net gaan dump en iemand anders se probleem te maak!!! Afrika op sy beste.

w ·

Ai mense. Ekt buite egtelike baba gehad. Wou nie opgee vi aanneming. Gesterf op ouderdom twee en n half jaar as gevolg van kanker. Noudat ek heelwat ouer is dink ek sou dalk beter gewees het om baba vi aanneming op te gee. Ekt moeilike tyd gehad as enkelouer en pa nog ontken hy die pa ma hyt ni kans gesien vi DNA toetse. Ons is getroud en het twee kids ma sjoe n liefdelose huwelik

Andre Traut ·

Ek is trots op hierdie vrou se verantwoordelikheids sin. Sy het die regte ding gedoen

miskien ·

Daar is heel moontlik omstandighede rondom hierdie geval soos dat dit dalk nie haar baba was nie of iets wat nie bekend gemaak mag word op hierdie stadium nie. Hierdie plekke wat babas inneem het gewoonlik ‘n klokkie wat gedruk word sodra i baba daar neergesit word sodat hulle bewus is v babas wa neergesit word. Ek weet v i ma wat deur i hospitaal venster gehardloop het en haarself so om die lewe gebring het omdat sy nie vd baba kon sorg nie EN sy het gereeld vir inspuitings by kliniek gegaan om nie swanger te raak nie. Daarom moet ons dalk nie te gou oordeel oor ander nie.

Mrs.B ·

Ai, die ongevraagde opinies. Niemand is in staat om te oordeel nie, ons weet nie wat die vrou se omstandighede is nie. Sy kyk reg in die kamera in, sy het geweet wat sy doen. Al wat saak maak is dat baba veilig is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.