Polisie sorg vir voorvalvrye kragmeting

Argieffoto: https://pixabay.com

KwaZulu-Natal se polisie sê danksy hul sigbaarheid en streng veiligheidsmaatreëls het geen voorvalle tydens die Telkom Knockout-halfeindstryd tussen die sokkerspanne van Kaizer Chiefs en Orlando Pirates in die Moses Mabhida-stadion voorgekom nie.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, sê polisiebeamptes in samewerking met ander wetstoepassers het verseker dat die toeskouers en die spelers veilig was. “Altesaam 10 verdagtes tussen 20 en 45 is in hegtenis geneem en sal Maandag in die Durbanse landdroshof verskyn.”

Sewe is aangekeer omdat hulle kaartjies herverkoop het, twee omdat hulle vervalste kaartjies wou verkwansel en een omdat hy die veld betree het.

Zwane sê daar was geen ernstige voorvalle tydens die wedstryd nie te danke aan wetstoepassers se waaksaamheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.