Polisie staan drie aan dood af

Argieffoto: Phillip Bruwer

Drie polisiebeamptes van die Noord-Kaap is die afgelope week in twee afsonderlike voorvalle dood.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê in die jongste voorval is twee beamptes Sondag in ʼn botsing dood terwyl hulle aan diens was.

“Sers. Bakang Alec (38) en konst. Tumoetsile Mocwane (29) was omstreeks 14:00 in ʼn botsing naby Tsineng op die Kuruman-pad betrokke. Die VW Polo waarin hulle gery het, het teen ʼn BMW gebots,” het Kock gesê.

Albei polisiebeamptes is op die toneel dood. Twee insittendes van die BMW het ernstige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word ondersoek. Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag. Albei beamptes was verbonde aan die Noordelike provinsiale speureenheid.

“In ʼn afsonderlike voorval is konst. Claude Roy (34) verlede week aan natuurlike oorsake dood. Hy was verbonde aan die Kimberley-polisie,” het Kock gesê.

ʼn Gesamentlike gedenkdiens vir die drie beamptes word Donderdag om 12:00 by die Kimberley-polisiegimnasium gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lolla ·

Hhmmm wonder hoekom het almal in die foto koeëlvaste vests aan, behalwe die een wit man?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.