Polisie steeds op bystand vir onwettige myners

Foto op dag 2 van die reddingspoging geneem Foto: @er24JHBEast, Twitter

Foto op dag 2 van die reddingspoging geneem Foto: @er24JHBEast, Twitter

Die polisie, metropolisie en nooddienste is steeds op bystand indien enige van die onwettige myners uit ʼn verlate myn in Benoni, Gauteng kom.

“Ons monitor die situasie, ons weet nie of daar nog mense is nie,” het Zweli Dlamini woordvoerder van die burgemeester van Ekurhuleni, Dinsdag gesê.

Ongeveer 30 mense het reeds uit die verlate myn gekom sedert nooddienste op 16 Februarie gille uit die myn gehoor het. Dlamini sê sommige van die myners het geweier om uit te klim, aangesien hulle bang was dat hulle in hegtenis geneem sou word.

Kos en water is vroeër afgestuur vir diegene wat ondergronds gebly het, maar dit is opgeskort, aangesien die situasie nie meer ʼn noodgeval is nie.

Paramedici het aanvanklik gesê sowat 200 onwettige myners is in die myn vasgekeer, maar dit kon nie bevestig word nie. -SAPA

Lees ook:
Onwettige mynwerkers gaan aangekla word
Talle onwettige mynwerkers gered
Onwettige mynwerkers steeds ondergronds vasgekeer
Honderde onwettige mynwerkers glo ondergronds vasgekeer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.