Polisie stel ondersoek in na N-Kaapse brande

Brande het onder meer in die omgewing van Hopetown en Kimberley gewoed. (Foto: Verskaf)

Agri Noord-Kaap het ʼn besluit van die provinsie se polisie om die onlangse veldbrande deeglik te ondersoek, verwelkom.

Die brande het die afgelope twee maande enorme skade vir landelike gemeenskappe in die provinsie berokken.

Reuseveldbrande het minstens 455 000 ha in groot gedeeltes van die provinsie vernietig, met die Kimberley- en Hopetown-omgewing wat einde verlede maand veral deurgeloop het. Dit was nog voor die aanvang van die lentereënseisoen waar die eerste donderstorms gewoonlik met hewige donderweer en weerlig gepaard gaan en die gevaar vir die natuurlike ontstaan van brande vergroot.

Agri Noord-Kaap sê hy het ʼn gevestigde werksverhouding met die provinsiale polisiestrukture en kon hulle suksesvol vra vir dringende ondersoeke na die ontstaan van die wegholbrande.

“Ons sal op ʼn gereelde basis provinsiale kontakpersone van die polisie voorsien van saaknommers vir terugvoer aangaande die vordering met die ondersoeke,” sê Joe Scholtz, voorsitter van Agri Noord-Kaap Landelike Veiligheid.

Die organisasie sê die polisie het in antwoord op sy versoek gesê hy is self bekommerd oor die getal veldbrande wat die afgelope ruk onkeerbaar woed en duisende hektaar grond en plaashuise verwoes het, asook die lewe van talle diere geëis en verskeie mense beseer het.

“Die polisie sal die oorsaak en motief vir die brande onophoudelik ondersoek. Diegene wat op enige manier by die stig van brande betrek word, sal vervolg word wanneer hulle aangekeer word.

“Ons sal ook voortgaan om Agri Noord-Kaap te help en te ondersteun om misdaad teen boere en hul eiendom in die provinsie te beveg,” lui kol. Mashay Gamieldien se antwoord.

Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê die ekonomie van die provinsie kan nie die hewige verliese aan produksiemateriaal bekostig nie – veral nie omdat die helfte van die provinsie steeds onder rampdroogtetoestande gebuk gaan nie.

“Daarom verwelkom Agri Noord-Kaap die ondersoek van die polisie na die ontstaan van die brande en onderneem ons om ons lede te motiveer om nou met die polisie saam te werk ten einde hul ondersoeke te vergemaklik,” sê Jansen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anel ·

Hulle maak soos die engelse, verskroeide aarde bestel toepas!

Di ·

Begin eerste by die EFF soek, wil mos al die boere van die plase af dwing

Marshall ·

One cannot win a conflict with a defensive strategy. One cannot defend an infinite border. The only workable strategy is secession with the establishment of a finite border. My dear countrymen, stop vainly trying to make this unworkable unitary state work and plan and execute a workable strategy.

Harley Davidson ·

As dit wel brandstigting is kan dit vergelyk word met terorisme en net weer ‘n boksie wat ‘n regmerkie kan kry om ‘n onafhanklike tuisstaat te bekom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.