Video: Polisie, studente raak slaags by Wits

Foto: @Ndibza001/Twitter

Foto: @Ndibza001/Twitter

Polisiebeamptes het Dinsdag skokgranate op betogende studente van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) afgevuur nadat hulle veiligheidswagte met klippe bestook het.

Verskeie studente is Dinsdagoggend in hegtenis geneem waarna ander studente van die Braamfontein-kampus na die onderwys- en mediese kampus in Parktown beweeg het. Wits het studente hierna versoek om weg te bly van die Grootsaal nadat veiligheidswagte, polisiebeamptes en betogende studente slaags geraak het.

Die betogende studente het klippe na die veiligheidswagte en beamptes gegooi en ook brandblussers uitgespuit. Universiteitseiendom is ook tydens die voorval beskadig. Die studente het hierna na Solomon Huis beweeg waar ʼn massavergadering tans plaasvind.

Verkeer is vroeër Dinsdag erg ontwrig rondom die kampus. Wits het intussen nog nie akademiese bedrywighede opgeskort nie.

Protesaksies het Maandag by universiteite regoor die land uitgebreek ná Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, se aankondiging oor studiegeld vir 2017. Nzimande het vroeër gesê universiteite kan self oor die verhoging in studiegeld vir 2017 besluit.

Die video is deur Constant King op YouTube gelaai:

https://youtu.be/pfsucBIuots

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jakes ·

Nee man Sapd, jul kan nie so optree!
Die studente voer hul REG uit.

Asjas ·

Ja nee, ek is mal oor die stukkie waar beamptes, die polisie en studente met mekaar slaags raak! Wie pas dan nou wet en orde toe in die terwyl polie en beamptes skoor soek met skares?

Manie Schoeman ·

Ek sou wat wou gee om aan ‘n universiteit te studeer. Het later op eie koste deur afstandsonderrig my kwalifikasies verbeter. Diegene wat wel die voorreg het wil alles vernietig. Dit is die leiers en meningsvormers van more. Bou nou ‘n nasie..

Johannes ·

Lyk vir my soos dieselfde deel van die bevolking wat in die 70’s, 80’s en 90’s ook klippe gegooi, geboue gebrand het en geweld gepleeg het.

abba ·

Ek verwag niks minder van die “slim” mense nie.Daar is geen mentaliteit nie.

Rynhardt ·

Studente het by Wits die polisie uitmekaar gegooi met klippe! Van die polisie het gevlug! Dinge gaan al erger raak! DeKlerk plus oud natte asook Hartzenberg en genl.Viljoen, dit is die nuwe SA wat jul saam met Anc geskep het, n SA van chaos!!!

manda ·

Hulle soek gratis onderwys maar almal dra nike em adids tekkies? ???? Ek meen hoe werk dit my sussie se dogter swot sielkunde sy n lening om dit te betaal my sussie is siek en kan dit ni meer betaal ni. Dai kimd het self plan gemaak en glo my sy koop ni nike tekkies ni. Skande dat hulle so aangaan

lizaan ·

Manda ek stem saam jou ek het kind op skool gehad ek het 2 werke gehad hoekom kan hulle dit nie probeer Nie hulle is te slap gat

lizaan ·

As my kind so iets aan jaag, jaag ek hom Weg dit is OUERS WAT NIE HULLE KINDERS REG GROOT MAAK NIE. Moord diefstal beskadiging waar stop dit!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.